Matfield hang stewels op ná WB
2010-08-27 14:35
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Pretoria - Die Springbok-slot Victor Matfield gaan sy internasionale rugbyloopbaan vaarwel roep na aanstaande jaar se Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Op die vooraand van sy 100ste toets het Matfield Vrydag gesê, "die 2011 Wêreldbeker sal my laaste wees. Niks meer daarna nie."
Matfield, wat sy debuut in 2001 gemaak het, het gesê die hoogtepunte van sy loopbaan as Springbok was die Wêreldbeker in 2007, die reeks-oorwinning oor die Britse en Ierse Leeus. En die drie agtereenvolgende oorwinnings wat Suid-Afrika in 2009 oor die All Blacks behaal het.
"Hopelik sal ek na my loopbaan as speler, steeds by rugby betrokke kan wees, want dit is my passie," het Matfield gesê.
Afskoptyd Saterdag op Loftus Versfeld is om 17:00.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24