Matfield: 'Tyd vir verskonings verby'
2011-08-19 14:41
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Kaapstad – Suid-Afrika se kaptein vir die Drienasies-toets teen die All Blacks, Victor Matfield, sê die tyd vir verskonings is verby.
Matfield het tydens 'n perskonferensie gesê Saterdag se wedstryd bied aan die Bokke 'n geleentheid om weer te begin wen en momentum op te bou.
En om ondersteuners se steun te kry vir die Wêreldbeker wat op 9 September afskop.
"Ons moet hulle dwing om by ons speelstyl aan te pas. Dis vir ons byvoorbeeld belangrik om in die lynstane te kompeteer, maar ons het lanklaas 'n lynstaan teen hulle gehad, want die All Blacks gooi byna altyd vinnig in as die bal uitgeskop word," het Matfield gesê.
Die Springbokke het sover al hul wedstryde in die Drienasies-reeks verloor.
Maar in Port Elizabeth spog hulle met 'n wenrekord van 4-0 teen die All Blacks.
Afskoptyd Saterdag is 17:05.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24