Klag van wanbestuur teen Div
2010-07-30 05:39
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Johannesburg – SANZAR het ‘n waarskuwing van beweerde wanbestuur teen die Springbok-afrigter Peter de Villiers uitgereik ná opmerkings wat hy op Australië se Fox Sports 'Rugby Club' program op 21 Julie gemaak het.
SANZAR het op 22 Julie aan SA Rugby geskryf in verband met die opmerkings.
De Villiers het beweer dat die All Blacks se onlangse Drienasies-oorwinnings oor die Springbokke deel was van ‘n sameswering wat daarop gemik is om ondersteuning te kry voor volgende jaar se Rugby-Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland.
De Villiers, wat baie krities oor die skeidsregterswerk in beide die toetse was, het in n televisie-onderhoud gesê: “Ek het my eie voorbehoude oor die laaste twee toetse gehad en ek kan die nie in die openbaar sê nie, maar ons het volgende jaar ‘n Wêreldbeker in Nieu-Seeland en dalk was dit die regte ding vir hulle om die wedstryde te wen sodat hulle volgende jaar meer mense na die toernooi kan trek.”
SA Rugby het die kwessie met De Villiers bespreek ná sy terugkeer na Suid-Afrika en hulle het nou ‘n antwoord verskaf.
“Ons het die antwoord van Suid-Afrika bespreek en bepaal dat Peter de Villiers se kommentaar ‘n oortreding van die SANZAR-gedragskode kan wees en verdere oorweging sal deur ‘n SANZAR regterlike beampte gedoen word,” het SANZAR se uitvoerende hoof, Steve Tew, gesê.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA