Drienasies

Juan lei Bokke dalk gou

2010-08-31 07:15
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Bloemfontein - Peter de Villiers wil die Springbok-rugbyondersteuners waarde vir hul geld gee, daarom sal hy geeneen van sy swaargewigte vir Saterdag se Drienasies-toets hier teen die Wallabies ’n blaaskans gee nie.

“Ek moes opweeg waarvoor mense betaal en wat mense wil hê,” sê die Bok-afrigter.

“Hierdie is hul helde en hulle verdien om hulle te sien. Die belangrike punt is hoe ek die spelers deur die week bestuur sodat hulle vir 60 minute kan speel of ’n impak kan maak.

“Dit gaan nie net daaroor om ’n span te kies nie, want ek moet ook die span se rolspelers in ag neem. Ek ag die ondersteuners as belangrike rolspelers.”

Met die Bok-breier wat afgesien van noodgedwonge veranderinge nie beplan om seniors wat te veel gespeel het die week te laat rus nie, bestaan daar ’n goeie kans dat ’n speler soos die flank Juan Smith die Bokke op die toer einde vanjaar na Europa kan lei.

Smith kan die kapteinskap dan by John Smit oorneem. Dié haker kan weens te veel minute op die speelveld saam met ander soos die vleuel Bryan­ Habana, die slot Victor Matfield en die flank Schalk Burger ’n ruskans met die oog op 2011 se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland gegun word.

Smith het weens beserings en persoonlike redes vanjaar ’n aantal wedstryde in die Super14- en Drienasies-reeks misgeloop wat dit vir De Villiers moontlik maak om hom as kaptein te kies, sou die Bok-breier finaal besluit om sekere spelers wel te laat rus.

Smith het byvoorbeeld nie in enige van die Bokke se Drienasies-wegtoetse gespeel nie en lyk honger vir rugby – vergeleke met Smit wat volgens sy breier te veel gespeel het.

Geen finale besluit is glo nog hieroor geneem nie, aangesien Smith ’n sleutelspeler in die Bok-span is met die oog op 2011 en De Villiers nog vroeër aangedui het dat die toer na Europa as ’n kleedrepetisie vir die Wêreldbeker-toernooi beskou word.

Maar te veel rugby kan De Villiers oortuig om Smit-hulle tuis te laat bly en die leisels aan Smith te gee.

De Villiers sê intussen hy is verheug met die impak wat sy plaasvervangers op Loftus Versfeld teen die Wallabies gemaak het. De Villiers wou nie die haker Chiliboy Ralepelle spesiaal uitsonder vir die yslike impak wat hy gemaak het nie.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.