Drienasies

Hougaard kry lof en bedank Fourie

2010-08-30 09:23
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Pretoria - Fourie du Preez kan weliswaar nie tans vir die Springbokke speel nie, maar het steeds Saterdag ’n aandeel in Suid-Afrika se sege oor die Wallabies op Loftus Vers­feld gehad.

Die beseerde Bok nr. 9 het die tweede Saterdag agtereenvolgens vir Francois Hougaard vooraf raad gegee en die jongeling was weereens ’n uitblinker.

“Ons het weer voor die wedstryd gaan koffie drink en gesels oor wat ek moet doen. Fourie help my ongelooflik baie. Hy is ’n puik ou op én van die veld af,” het Hougaard, wat as speler van die wedstryd aangewys is, gesê.

Die 22-jarige skrumskakel het ’n skeppende hand in drie van die Bokke se vyf drieë gehad en ook in die tweede helfte met ’n groot doodvat op Adam Ashley-Cooper gekeer dat die Aussies ’n drie druk wat die wedstryd in hul guns kon swaai.

Hougaard se vertoning het selfs ná die wedstryd ’n pluimpie van sy regstreekse teenstander, Will Genia, ontlok.

“Francois het baie groot skoene om nou vol te staan en verrig die taak goed,” het die Wallaby-skrumskakel gesê.

Hougaard beskou die toets as die hoogtepunt van sy kort loopbaan tot op hede, maar was steeds nie tevrede met sy vertoning nie.

“Ek het met ’n swak skop begin en dit het die eerste Wallaby-drie tot gevolg gehad.

“My skopwerk was swak, maar my aangewerk en besluitneming was beter as die vorige week.”

Wat was sy gunsteling-oomblik van die toets?

“Ek sou sê daardie laaste breekslag toe ek vir Pierre (Spies) weggestuur het en JP (Pietersen) gaan druk het. Ek het toe geweet daar is nie meer tyd vir die Wallabies om terug te kom en nog ’n drie te druk nie,” het Hougaard gesê.

“Dié toets is bo-aan my lys van hoogtepunte. Dit was baie spesiaal en ek het nooit gedink ek sou die speler van die wedstryd wees nie. Dis spesiaal om die speler van die wedstryd te wees, veral op Loftus Versfeld en in Victor Matfield se 100ste toets.”

Volgens Hougaard was die sleutel eenvoudig om kalm te bly toe die Wallabies twee drieë binne die eerste vyf minute druk.

Die span het ook ná vier nederlae agtereenvolgens besluit om Saterdag se toets ’n nuwe begin te maak.

“Ons het gesê ‘wat gebeur het, het gebeur’. Ons gaan vorentoe kyk.

“Dit was belangrik om dit op ’n positiewe noot af te skop. Dit sal baie vir ons selfvertroue beteken.”

- Sport24

- Volg Nuus24 Sport op Twitter. Kliek hier.

- Die Burger

Lees meer oor: springbokke  |  drienasies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.