Drienasies

Henry kap SA oor skrums

2010-07-27 08:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Bloemfontein - Die prettige bekgevegte in die Drienasies-rugbyreeks het Maandag voortgewoed toe die All Black-breier, Graham Henry, ’n onverwagse opstopper in die rigting van die Springbok-kragmanne uitgedeel het.

Henry het ná Saterdag se toets in Brisbane waar die Wallabies die Bokke met 30-13 geklop het, gesê die Bok-skrum het van onwettige taktiek gebruik gemaak om in die eerste twee Drienasies-toetse teen sy eweknie van die All Blacks sy man te staan.

Te midde van dié moddergooiery moes Saru gister vinnig vure doodslaan ná koerantberigte dat tweespalt in die Bok-spanbestuur heers.

“Ek was nou vir ongeveer drie weke saam met die Bokke en kan bevestig dat daar geen tweespalt heers nie,” het Andy Marinos, Saru se bestuurder van nasionale spanne, in ’n nuusverklaring gesê.

“In verskeie gesprekke met die Bok-afrigter, Peter de Villiers, sy hulpafrigters, Gary Gold en Dick Muir, asook met senior spanlede soos John Smit en Victor Matfield is daar nooit genoem van enige probleme in die kamp nie.

“Ons het vir drie weke op ’n streep nie goed gespeel nie en dinge vir onsself op kritieke tye moeilik gemaak om met 14 spelers weg van die huis mee te ding,” het Marinos gesê.

Henry het gesê die Bok-stutte sou “ingeboor” het om op so wyse die All Blacks se besit te ontwrig. “Dít is deel van die Suid-Afrikaanse spel,” het hy aan rugbyheaven.co.au gesê.

“Dít is wat hulle heeltyd doen. Dít is wat hulle in die Curriebeker-reeks doen en dit lyk of dit ’n aanvaarbare deel van hul spel is. Maar ek dink dit is nie volgens die reëls nie. Goed, dit was nie so sleg soos in ander toetse nie, maar dit is steeds deel van die plan.”

Die skrumdokter van die Bokke, Os du Randt, wou nie deel van die bekgevegte word nie en het Henry se uitlatings met ’n knippie sout geneem.

“Ek verstaan nie sy redenasie nie, want die skeidsregters het geen probleem met ons skrums gehad nie,” het Du Randt aan Sport24 gesê.

Die Bok-skrum is een afdeling wat sedert einde 2009 se besoek aan Europa verbeter het en die span nie slapelose nagte voor 21 Augustus se toets teen die All Blacks in die Na­sionale Stadion (Soccer City) sal gee nie.

Henry sê intussen hy sien uit na Saterdag se Drienasies-toets teen die Wallabies in Melbourne.

“Ons hou daarvan om teen die Wallabies te speel. Hulle bied ’n ander uitdaging as die Bokke, wat goed is. Ná ’n week se ruskans glo ek die spelers sal oorgehaal wees.”

Die Bok-flank Schalk Burger kan hom volgens news24.co.za gelukkig ag dat hy nie met bewyse van foto’s en videomateriaal soos die senter Jaque Fourie uitgewys is nie.

Volgens videomateriaal lyk dit of die Wallaby-flank David Pocock Burger Saterdag in Brisbane op die grond vasgepen het met sy elmboog teen die Bok se keel.

Daarna kan gesien word hoe Burger se hand met Pocock se gesig kontak maak.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: all blacks  |  rugby  |  wallabies  |  drienasies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.