Drienasies

Groot uitdaging wag op Div

2010-08-23 08:53
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Pretoria - Die Springbokrugbyspan begin vandag hier voorberei vir sy volgende toets Saterdag teen Australië met die wete dat sy beste nie meer goed genoeg is nie.

Die Bok-span moet nie net uit die donker gat – waarin hy hom bevind ná die hartverskeurende nederlaag van 22-29 Saterdag teen die All Blacks – kom nie. Hy moet ook hoop daar is iets of iemand aan die bokant wat rigting en leiding kan gee vir die pad vorentoe.

Die gebruiklike durf en emosie – dié keer aangevuur deur Victor Matfield in sý 100ste toets – sal teenwoordig wees, waarskynlik ook die bewese temperament van Frans Steyn en Jaque Fourie.

Die groot uitdagings lê egter dié week voor die deur van die Bok-afrigter, Peter de Villiers, en sy bestuurspan. ’n Groot deel van die skuld vir die Drienasies-nederlaag teen Nieu-Seeland in die FNB-stadion buite Soweto lê voor húl deur.

En al was John Smit, Bok-kaptein, in trane ná die tyd oor sy mislukte duikslag-flater, moes hy teen daardie tyd nie meer op die veld gewees het nie.

Waarom De Villiers-hulle nie ál die plaasvervangers tot hul beskikking gebruik het nie, weet nugter en dit was ’n taktiese flater.

Die breier het dit met ’n wye draai erken. “Partykeer werk daardie beslissings vir ’n mens, maar daar kan ander tye wees waar dit nie heeltemal uitwerk soos jy beplan nie.

“In ’n mate het beserings my gedwing om sekere skuiwe te maak en ek het geen keuse gehad nie. Oor die ander kan ’n mens debatteer of dit ’n fout was of nie.”

De Villiers het ná die tyd gekla dat die Bokke hul direkte benadering prysgegee het. Tog het hy nie op die nommers van Butch James en Wynand Olivier gedruk wat daardie direkte greep met hul spelstyl kon hernieu het nie. Chiliboy Ralepelle se gebruiklike drie minute kon ook ’n reuse-verskil gemaak het.

Die feit dat Morné Steyn ’n moontlike wenskop of skepskop kon oorsit in die laaste minute en daarom op die veld móés bly, wys op ’n ander taktiese tekortkoming van die span, wat blykbaar net een stelskopper het.

In dié verband sal Frans Steyn ’n welkome toevoeging wees, want hy kan nie net as losskakel, senter, vleuel of heelagter speel nie, maar ook seker maak daar is altyd ’n betroubare skop-opsie op die veld.

Fourie se terugkeer is ’n gegewe ná sy skorsing van ’n maand, maar daar wag kopkrap op De Villiers-hulle met die samestelling van die span wat die Wallabies moet troef.

Francois Hougaard en Flip van der Merwe het hulle met vurige vertonings waarskynlik in nog ’n begintoets ingespeel, maar ’n fikse Danie Rossouw se werkverrigting is ’n moet.

Hougaard se poging moet ook met iets soortgelyks aangevul word en nie met ’n flou Ricky Januarie nie.

Die afrigter verdien lof dat dié Hougaard- en Van der Merwe-waagstuk suksesvol was, maar die aanwending van plaasvervangers moet ook taktiese hernuwing kan bied, iets wat nie teen die All Blacks die geval was nie.

Met die Drienasies-aanslag in die stof, kan De Villiers ook in die rigting van ander aanspraakmakers kyk.

Bismarck du Plessis, BJ Botha en Dewald Potgieter behoort in aanmerking te kom.

- Die Burger

Lees meer oor: drienasies  |  springbokke  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.