Drienasies

Gevaarligte helderrooi vir Bok-rugby

2010-09-07 07:30
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Kaapstad – Die gewese Springbok-afrigter Jake White glo die gevaarligte brand helder vir Bok-rugby.

“Die eerste, in hoofletters, is verdediging,” het White gister gesê nadat die Bokke ook Saterdag se Drienasies-toets in Bloemfontein teen Australië verloor het.

“Ons het in 2004 met opskietverdediging begin en was leiers in wêreldrugby.

Ander lande het ons verdediging begin naboots.

Suid-Afrika het Saterdag in ’n kritieke toets binne 25 minute vier drieë afgestaan.

“Ek glo Suid-Afrika moet hou by wat vir hom werk, maar terselfdertyd innoverend wees. Ek sien ook nie subtiele veranderinge in ons aanvallende spel nie. Dis goed en wel om baie ervaring te hê, maar jy moet steeds met nuwe idees vorendag kom.”

White is ook bekommerd dat spelers te veel mag in die huidige Bok-opset het.

Hy glo die feit dat sommige spelers se aandag nie ten volle by rugby is nie, hul spelpeil negatief beïnvloed.

“Daar is ’n fyn lyn tussen ’n speler-gedrewe stelsel en speler-bemagtiging.

Die spelers is moontlik in ’n gemaksone,” sê White.

“Ek sien spelers te veel in advertensies en hoor van allerlei sakebelange. Wat speler-bemagtiging betref, is dit ideaal om spelers ’n inset in die wedstrydplan te gee, maar die afrigter moet steeds leiding gee en moeilike besluite neem.”

White glo die Bokke loop die gevaar om reaktief te wees.

Die geleentheid was volgens hom daar om ná verlede jaar se sege in die Drienasies-reeks pro-aktief te wees en ’n paar jonger spelers op die Europese toer in 2009 te stuur.“Daar is die afgelope drie jaar nie ’n enkele moeilike besluit geneem nie.

Dis moeilik om te verander, want dit dwing jou om moeilike besluite te neem.

“Die persepsie bestaan dat Suid-Afrika nie sy speelstyl vanjaar aangepas het nie, maar die statistieke wys vir jou ons skop twee keer minder as verlede jaar. Ons hét aangepas.

“Nieu-Seeland skop meer, maar druk steeds vier drieë per wedstryd. Ons moet hou by die beginsels wat vir ons werk, want ons wil immers nie Nieu-Seeland, Australië, Wallis of Fidji wees nie.”

White is ook bekommerd oor die selfvertroue wat Australië se jong spelers uit Saterdag se sege gaan put.

“Manne soos Kurtley Beale en James O’Connor gaan begin dink hulle kan enigiemand klop as hulle vir John Smit en Victor Matfield in Suid-Afrika verslaan.”

White glo ook die Bokke put nog baie waarde uit Smit se kapteinskap.

“Hy sal altyd waarde toevoeg en ’n kalmerende rol op die spelers hê.

”Diegene wat die Springbokke se geploeter vanjaar met die gesukkel van 2006 vergelyk, begaan ’n groot fout.“

Australië is eintlik nou in ’n soortgelyke posisie as waarin Suid-Afrika hom toe bevind het.

Die Wallaby-afrigter (Robbie Deans­)­ is een wedstryd daarvan af om die hele situasie in sy guns te draai,” sê White.

“Hy verstaan hoe om ’n span te bou en die gemiddelde ouderdom van sy spelers is laag.

Daar is ook jong manne soos Will Genia, David Pocock en die Faingaa-broers wat saam die junior Wêreldtoernooi-titel verower het.

“Deans moet boonop spelers soos Dan Vickerman, James Horwill, Ben Alexander, Wycliff Palu, Scott Higginbotham, Stirling Mortlock en Digby Ioane terug­kry. Dis soortgelyk aan ons situasie in 2006 toe ons sonder verskeie staatmakers was.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
 
Sport24

Lees meer oor: jake white  |  springbokke  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.