Drienasies

Geskiedkundige dag in Soweto verwag

2010-08-18 08:10
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Johannesburg - Die ENB-stadion moet dieselfde woema agter die Springbokke sit as wat dit die Wêreldbeker-sokkertoernooi gegee het.

Saterdag is die 81ste rugbytoets tussen die Springbokke en die All Blacks, maar die eerste tot nog toe in Soweto én in dié yslike stadion, waar die openingswedstryd en eindstryd van WB 2010 beslis is.

Van wat die Bok-vleuel J.P. Pietersen van die onlangse Wêreldbeker-sokkertoernooi gesien het, kan hy nie wag om in dié nuwe sport-mekka op die veld te draf nie.

“Dit is opvallend hoeveel dié stadion bygedra het tot die sukses van WB 2010. Ons hoop dat dit ook tot ons sukses in die wedstryd teen die All Blacks sal bydra,” het Pietersen gister gesê.

Die Springbokke het juis vandeesweek by die Hoërskool Hyde Park geoefen omdat die speeloppervlak met dié van die ENB-stadion ooreenstem.

Victor Matfield, die Bokke se onderkaptein, het al as Bulle-kaptein in Soweto se Orlando-stadion in die Super14-reeks gespeel, maar verwag ’n fantastiese geleentheid vir Saterdag.

“Ons het ’n effense gevoel in die Super14-reeks gekry van wat dit is om in Soweto te speel. Ek is bly iemand soos John Smit se 100ste toets sal in so ’n stadion wees.

“Daar wag ’n geskiedkundige dag op almal,” het Matfield gesê.

Al wat die besoekende All Blacks aan die Soweto-faktor kan doen, is om ook te probeer om voordeel uit die atmosfeer te put.

Die afrigter van die All Blacks, Graham Henry, skryf nie die invloed van ’n stampvol stadion, wat Saterdag sowat 89000 ondersteuners gaan sitplek gee, as ’n invloedryke faktor af nie.

“Dit raak nie meer intimiderend as voor 94000 (sic) mense in Soweto teen die Springbokke nie. Maar dit is die soort uitdaging wat ons nodig het,” sê Henry.

“Dit is vir ons ’n spesiale wedstryd in vanjaar se toernooi. Die hoogte bo seevlak verseker dat geweldige eise aan ons gestel gaan word.

“’n Massiewe skare. ’n Wonderlike stadion. Teen die wêreldkampioen. Dit raak nie groter as dit nie,” verseker Henry.

Die kaptein van die All Blacks, Richie McCaw, het in Mei in Soweto vir die Crusaders in die Super14-halfeindstryd teen die Bulle gespeel, al was dit in die veel kleiner Orlando-stadion.

“Ek dink nie ons het toe al regtig die betekenis van ’n wedstryd in Soweto besef nie, maar eers ’n bietjie later.

“Nou is ons terug hier, maar voor 94 000 mense, dus gaan dit geweldig wees,” sê McCaw.

“Tog het al Suid-Afrika se stadions ’n goeie atmosfeer. Ons moet dit liewer tot ons voordeel as tot ons nadeel gebruik. Uiteindelik is ’n rugbyveld oral steeds dieselfde grootte.”

Nieu-Seeland het wel in November verlede jaar voor sowat 81 000 mense in die San Siro-sokkerstadion in Milaan teen Italië gespeel.

Die Italiaanse skare het ’n geweldige geraas gemaak en die All Blacks het behoorlik gesukkel om eindelik 20-6 te wen.

Henry en McCaw het ook gister hulde gebring aan Smit se “wonderlike prestasie” van 100 toetse en hom een van die “beste leiers nog in wêreldrugby” en ’n “hoogs gerespekteerde speler” genoem.

    * Van die vervoerreëlings vir Saterdag se toets is:

Sonder ’n geldige parkeerkaartjie sal daar geen toegang tot die stadion van die volgende paaie wees nie: Goue Hoofweg, Soweto-hoofweg, Nasrec-weg, Landbouweg.

Parkeerkaartjies kan by Computicket vir tussen R50 en R80 gekoop word,

’n Parkeer-en-ry-diens is vir tussen R50 en R60 van die volgende punte by Computicket beskikbaar: Emperors Palace (Kemptonpark), Wits-kampus (Braamfontein, ingang uit Enoch Sontonga-rylaan), Constitutional Hill (Joubertstraat, Braamfontein) en Gold Reef City (Datasingel).

Treinkaartjies van stasies in Johannesburg en Pretoria na Nasrec is ook by Computicket beskikbaar.

- Sport24

Lees meer oor: rugby  |  drienasies

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.