Drienasies

Genia sing lofsange oor SA skrumskakel

2011-08-10 07:02
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Umhlanga Rocks - Fourie du Preez is die beste skrumskakel wat hy tot nog toe in sy lewe gesien het, het Will Genia van die Wallabies gesê.

Hy sal Saterdag in die Drienasies-toets op Kingspark in Durban die direkte teenstander van die Springbokke se nr. 9 sal wees.

“Ek skoei my spel op hom en gebruik hom as die voorbeeld van die skrumskakel wat ek wil wees,” het Genia, wat die skitterende wendrie vir die Reds in die Super Rugby-eindstryd teen die Crusaders gedruk het, gesê.

“Hy (Du Preez) is die spil waarom die Bokke se sukses draai. Jy kan sien sonder hom is die Bokke nie dieselfde span nie.

“Hy het net daardie wonderlike vermoë om altyd die regte besluit te neem. Sy visie is ongelooflik en of hy nou skop, breek of die bal uitgee, jy weet net dit is op daardie oomblik die regte ding om te doen,” het Genia gister hier by die Wallabies se spanhotel gesê.

Aan sy buitekant het Genia self ook een van die opwindendste spelers in wêreldrugby in die frats Quade Cooper.
Hoe is dit om saam met Cooper te speel?

“Kyk, hy is baie onvoorspelbaar, maar iets wat mense nie van hom weet nie, is dat hy eintlik ’n baie goeie kommunikeerder op die veld is.

“Hy maak my taak eintlik soveel makliker, want hy praat heeltyd met die ouens.”

Genia het gesê die Wallabies besef die Bokke gaan ’n veel moeiliker span wees om baas te raak as wat die geval enkele weke gelede in Sydney was.

“Ons wil ook regmaak wat verkeerd gegaan het teen die All Blacks verlede week. Dit was ’n baie teleurstellende vertoning.
“Ons was baie swak op die verdediging en was té passief en het hulle toegelaat om heeltyd die bal op die voorvoet te kry. Die All Blacks het ons in elke afdeling oorheers en as ons weer só speel, gaan die Bokke ons ook kwaai straf.

“Ek het egter geleer ná só ’n nederlaag kan jy nie té afgehaal wees nie. Jy moet jou lesse leer en aanbeweeg en regmaak wat verbrou is,” het Genia gesê, wat self aanspraak daarop kan maak dat hy een van die voorste skrumskakels in wêreldrugby is.

Sy een spanmaat en senter, Adam Ashley-Cooper, besef ook die Bok-uitdaging sal dié keer veel meer intens wees. “Ons sal daarop ingestel moet wees om goed te begin en druk op hulle te plaas. In Jaque Fourie en Jean de Villiers het hulle van die beste senter-kombinasies ter wêreld en dit sal vir my ’n kwaai uitdaging wees.”

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: springbokke  |  drienasies  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.