Drienasies

Fourie wil beter skop teen All Blacks

2011-08-19 09:19
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Port Elizabeth – Dit lyk partykeer asof Fourie du Preez hom uit frustrasie aan ’n woedebui gaan oorgee op die rugbyveld.

Hy gooi sy arms dramaties in die lug en smeek omtrent die skeidsregter om ongerymdhede wat hier reg onder sy neus plaasvind, raak te sien.

’n Mens kan dikwels met hom hieroor saamstem, maar is terselfdertyd bang dié Springbok-skrumskakel verloor sy fokus.

“Ek is nie seker waarvan jy praat nie,” het Du Preez Donderdag uit die veld geslaan gesê toe hy oor sy “hulp” aan skeidsregters gepols is.

“Dit is maar die manier waarop ek die afgelope 11 jaar speel.”

Hy het toegegee daar was een of twee voorvalle in verlede week se toets in Durban waar die Wallabies sy geduld by die afbreekpunte beproef het.

Dit was verlede week Du Preez se eerste toets sedert November 2009 nadat hy verlede seisoen met ’n skouerbesering gesukkel het.

Hy het verwag dat hy, nes verskeie ander Bokke wat lank laas in aksie was, aanvanklik ’n bietjie verroes sou wees.

“Ons het ook geweet ons sou dalk teen die einde ’n bietjie sukkel," het hy gesê.

Een van sy sterkpunte was nog altyd sy taktiese skopwerk en hy was nie heeltemal tevrede daarmee verlede week nie.

“Ons skopwerk moet beter wees. Ons weet as dit nie akkurater is nie, kan Nieu-Seeland ons daarvoor laat betaal.”

Nou dat Juan Smith uit die wedloop vir plek in die Springbokgroep vir die Wêreldbekertoernooi is, kan daar aanbeweeg word en ’n geskikte plaasvervanger vir hom gesoek word.

Dit was gister hoe Peter de Villiers, die Bok-breier, probeer het om oor die teleurstelling van Smith se ontrekking ná sy hakseningbesering te kom.

“Juan praat nie baie nie, maar as hy dit die dag doen, luister die ander manne.

Jy sal baie spelers kry wat dieselfde soort spel speel as hy, maar jy sal nie dieselfde vleis om die bene kry wat Smith maak wat hy is nie.”

“Ons sal nou net die regte lostrio-kombinasie moet probeer vind. Ons het gelukkig baie diepte.”

Die All Black-flank Jerome Kaino het Donderdag aan Stephen Nell gesê Smith se onttrekking is ’n groot terugslag vir die Bokke.

“Ek beskou hom as een van die mees onderskatte spelers in die wêreld,” het Kaino gesê.

“Ek slaan hom beslis hoog aan as ’n speler en ’n leier. Ek dink dis vir Suid-Afrikaanse rugby ’n terugslag om hom nie by die Wêreldbeker-toernooi te hê nie.”
 
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.