Ekstra druk op die Bokke, sê Henry
2010-08-19 05:47
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Kaapstad – Graham Henry, breier van die All Blacks, het Saterdag se Drienasiestoets teen die Springbokke by die ENB-stadion as die “spesiale wedstryd van die toernooi” bestempel.
Nieu-Seeland benodig slegs een bonuspunt om die Drienasiestitel se verseker en om drie oorwinnings in 2010 teen die Bokke te hê.
Indien hierdie gebeur, sal dit presies die teenoorgestelde wees as wat verlede jaar gebeur het toe die Bokke hul vyande drie keer verslaan het om die titel te verower, berig The Star.
“Hierdie is die spesiale wedstryd van die toernooi, is dit nie,” het Henry gesê. “Dit is ‘n voorreg om in Soweto voor 90 000 aanhangers te speel. Dit gaan ‘n wonderlike skare wees... en dis teen die wêreldkampioene.”
Lees meer hier.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.