Drienasies

Duikdokter waarsku Bokke

2011-08-11 10:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Umhlanga – Die man wat die Stormers die suinigste span in Super Rugby gemaak het wanneer dit kom by drieë afstaan, is ook nou met die taak opgesaal om die lekkende drieë-kraan by die Springbokke reg te maak.

Die 38-jarige Jacques Nienaber is uiteindelik deel van die Bok-opset, nadat daar in die verlede vergeefs probeer is om dié verdedigingsghoeroe se dienste te bekom.

Hy was reeds verlede maand by die kamp in Rustenburg, waar hy begin werk het aan die Bokke se verdediging.

Dit is die een aspek van hul spel wat oor die laaste paar jaar groot kommer gewek het.

Nienaber sal tot ná die Wêreldbeker-toernooi by die Springbokke betrokke wees.

Dit word allerweë aanvaar dat verdediging die hoeksteen is waarop ’n Wêreldbeker gewen word, en in dié verband maak die Bokke se syfers die afgelope ruk nie goeie leesstof nie.

Hulle het verlede jaar 22 drieë in ses Drienasies-wedstryde afgestaan, en in twee hierdie jaar reeds 11.

Daarenteen het die Stormers, met Nienaber aan die stuur van hul verdediging, vanjaar net 18 drieë in 17 wedstryde afgestaan en verlede jaar is net 17 teen hulle gedruk.

Behalwe dat hy baie aandag gee aan detail op die verdediging soos die regte strukture en verdedigingslyne, glo Nienaber dat verdediging grootliks gaan oor die individuele speler se ingesteldheid.

“Jy moet die hart hê om te wil verdedig en seker te maak jou teenstander kom nie verby jou nie.”

Daarom is hy ook iemand wat groot waarde heg daaraan dat spelers verantwoordelik gehou moet word as hulle met verdediging verbrou.

Nienaber het dit baie duidelik aan die spelers gemaak dat hulle op die Maandag ná ’n wedstryd voor stok gekry sal word as hulle duikslae gemis het.

Hy het dit ook onderstreep dat hulle nie net geroskam gaan word vir foute nie, maar dat daar ook strawwe uitgedeel gaan word en dat spelers selfs hul plekke in die span kan kwyt wees.

Dit plaas die verantwoordelikheid op die speler self om seker te maak hy mis nie ’n duikslag nie. Deur een duikslag te mis, maak jy dit moeiliker vir die res van jou spanmaats, want dan word daar ekstra druk op hulle geplaas om ook jou werk te doen,” het hy gesê.

“Almal in die span moet saamstaan wanneer dit kom by verdediging en daarom moet elkeen se ingesteldheid vir daardie taak reg wees. Jy moet dit wíl doen,” sê hy.

Peter de Villiers, die Bok-afrigter, sê hy is verheug om Nienaber deel van die groep te hê. “Ons spook al ’n lang ruk om hom hier by ons te kry en ek wil die Westelike Provinsie bedank dat hulle hom beskikbaar gestel het as ’n konsultant,” het De Villiers gesê. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
39 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.