Drienasies

Div voor stok, kies daarna groep

2010-08-06 08:07
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Pretoria - Hopelik het Peter de Villiers vanoggend ’n goeie ontbyt geëet, want daar wag ’n belangrike dag op die Springbok-afrigter.

De Villiers moet om 09:00 aan Sanzar verantwoording doen en verduidelik waarom omstrede uitlatings deur hom nie vertolk moet word as ’n poging om die spel in oneer te bring nie.

De Villiers het onder meer aan die Australiese program op Fox Sports, The Rugby Club, gesê hy glo daar is ’n verband tussen die manier waarop skeidsregters die All Blacks in vanjaar se wedstryde behandel en die feit dat die Wêreldbeker-toernooi in 2011 in Nieu-Seeland gespeel word.

Daarmee is verstaan hy bedoel die All Blacks word doelbewus bevoordeel sodat hulle die toernooi as gunstelinge kan begin.

Hy het later in ’n verklaring verduidelik dat hy bedoel het dit is goed as die All Blacks presteer, want dit sal die belangstelling in die toernooi verhoog en aanwakker.

Hy is nogtans voor Sanzar se regsbeampte in Suid-Afrika, Jannie Lubbe, gedaag en moet verduidelik wat hy eintlik bedoel het.

De Villiers vergader daarna met ’n paar senior Bokke om kajuitraad te hou oor die verloop van die Drienasies-reeks – en oor hoe die Springbokke al drie hul tuistoetse kan wen om hul eer te red.

Sport24 het betroubaar verneem een van die voorstelle gaan wees dat die span sy beplande promosie- en kommersiële aktiwiteite afskaal en op die oefenveld uitkom.

Die Bokke sou aanvanklik op 17 Augustus byeengekom het, maar dit is nou tot Dinsdag vervroeg.

De Villiers sal ná die gesprek met die senior spelers ook met sy keurkomitee vergader om te besluit watter spelers by die groep gevoeg moet word.

Juan Smith, JP Pietersen en Bismarck du Plessis sal na verwagting in die groep wees. Al drie het van beserings herstel wat hulle uit die oorsese deel van die Drienasies gehou het.

Hul ervaring sal goud werd wees vir die Springbokke se aanslag tuis.

Die breier sal ook kopkrap oor sy opsies op senter en skrumskakel. Jaque Fourie is nog geskors en gaan die stryd teen die All Blacks (21 Augustus) misloop, terwyl Ruan Pienaar (skouerbesering), wat skrumskakel teen Australië in Brisbane was, die res van die reeks sal misloop.

Juan de Jongh en Francois Hougaard is die gunstelinge om hul plekke in te neem.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.