Drienasies

Div verklap WB-geheim oor Vrystaat se Brüssow

2010-08-10 10:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Bloemfontein – Heinrich Brüssow draf al voluit, maar is nie beskikbaar om die All Blacks se Richie McCaw of die Wallaby-flank David Pocock in vanjaar se Drienasies-rugbyreeks te probeer tem nie.

Brüssow is Sondag genooi om hom vandeesweek in Johannesburg by ’n vergrote Springbok-groep aan te sluit wat aan ondersteuners hoop gegee het dat hy as baljagter ’n teenvoeter vir McCaw kan wees in 21 Augustus se toets op Soccer City.

“Nee, ek is glad nie beskikbaar vir die Drienasies nie,” sê Brüssow. “Ek begin nou eers weer draf op die veld. Ek is nog ver van speel af, maar voel baie goed,” sê dié Vrystaat-flank wat van ’n knieoperasie herstel.

Die Bok-breier, Peter de Villiers, het deur Brüssow na die oefenkamp te nooi tog een van sy geheime vir 2011 se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland verklap.

Dit is nie verbasend nie, aangesien McCaw en Pocock met hul spel as baljagters tot dusver die grootste invloed op vanjaar se Drienasies-reeks gehad het.

McCaw en Pocock se spel by die afbreekpunte, of dit nou wettig of onwettig is, is van die grootste besprekingspunte in die Drienasies-reeks. Dié tweetal se spel het ook die gebrek aan ’n spesialis-baljagter in die Bok-span beklemtoon.

Brüssow kan dalk in die uitkloprondes van vanjaar se Curriebeker-reeks in aksie wees – as die Vrystaat daarin slaag om tot die halfeindronde deur te dring. Hy is beslis beskikbaar om einde vanjaar saam met die Bokke na Europa te toer – ’n toer wat juis deur De Villiers as ’n kleedrepetisie vir 2011 se Wêreldbeker-toernooi beskou word.

Afgesien van Brüssow, behoort sy Vrystaatse spanmaat Juan Smith ook die Bokke se spel by die afbreekpunte te verbeter.

Smith moes hom ook in Johannesburg aanmeld en die Vrystaat-kamp sal waarskynlik eers vandag verneem of sy kaptein vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Leeus oorweeg kan word.

Die afrigter van die Vrystaat, Naka Drotské, sê die Vrystaat sal die Leeus sonder die Bok-slot Barend Pieterse moet pak.

Pieterse het sy kuit teen die Pumas beseer en kan drie tot vier weke uit wees. Waltie Vermeulen sal hom vir Saterdag se wegwedstryd vervang.

Indien Smith beskikbaar is, kan hy vir Francois Uys langs die kant van die skrum vervang. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: springbkke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.