Div trek groot kanonne nader
2011-08-05 15:51
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Johannesburg – Die Springbok-afrigter Peter de Villiers het Vrydag 'n groep van 24-spelers aangekondig vir Suid-Afrika se tuistoetse in die Drienasies-reeks.
Ses spelers is steeds op die beseringslys, maar drie van die beseerdes sal by die Bokke in Durban aansluit vir 'n rehabilitasieprogram.
Suid-Afrika speel op 13 Augustus teen die Wallabies in Durban en 'n week later pak hulle die All Blacks in Port Elizabeth.
Springbok-groep vir Australië (13 Augustus) en Nieu-Seeland (20 Augustus):
Agterspelers:
Gio Aplon, Frans Steyn, JP Pietersen, Bryan Habana, Jaque Fourie, Juan de Jongh, Jean de Villiers, Morne Steyn, Butch James, Ruan Pienaar, Fourie du Preez, Francois Hougaard
Voorspelers:
Pierre Spies, Jean Deysel, Danie Rossouw, Bakkies Botha, Victor Matfield, Gerhard Mostert, John Smit (kaptein), Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira, Jannie du Plessis, Gurthrö Steenkamp, CJ van der Linde
Spelers wat weens beserings nie oorweeg is nie: Schalk Burger (hand), Juan Smith (achilles), Andries Bekker (enkel), Willem Alberts (skouer), Johann Muller (dyspier) en Duane Vermeulen (knie).
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24