Drienasies

Div ‘geskok’ oor Bok-slae

2011-08-01 08:14
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Wellington - Noem dit die toer van hel, die toer van die groot ontnugtering of selfs van oordeelsfoute, maar daar is geen rede waarom dié Drienasies-proefneming van die Bok-afrigter, Peter de Villiers, as ’n sukses beskou kan word nie.

Die toer het Saterdagaand hier in die Westpac-stadion op vernederende wyse geëindig toe die Springbokke hul grootste nederlaag tot nog toe op Nieu-Seelandse bodem teen die All Blacks gely het.

Laasgenoemde was met 40-7 baas en die telling kon groter gewees het as Dan Carter beter pale toe geskop het. Die All Black-losskakel het maar twee van sy span se ses drieë verdoel in ’n stryd waarin die tuisspan maklik nóg twee keer kon gaan druk het.

Die waarde van ’n besluit om ’n gros eerstelinie-spelers tuis te los en met ’n klomp nuwelinge die bestes van Australië en Nieu-Seeland te gaan pak, sal eers ná die Wêreldbeker-toernooi in Oktober bepaal word.

Wén die Springbokke dáár, soos in 2007 die geval was toe Jake White ’n soortgelyke waagstuk aangepak het, is alles vergete en sal De Villiers en sy mede-besluitnemers vir hul dapperheid geloof word.

Verloor die Bokke egter, gaan daar ’n gros nuweling-Springbokke wees wat altyd sal hunker na ’n volgende toetsbaadjie en wonder of hul opofferinge die afgelope twee weke nie eerder ’n nagmerrie was nie.

De Villiers het erken hy is geskok. “Ek het nie 40 verwag nie. Die omvang van die nederlaag was ’n skok vir my.

“Daar is vooraf besluit en geoefen dat spelers nie uit die verdedigingslyn moet gaan nie, maar ná drie minute toe gebeur dit al.” Deel van dié rede was ’n besluit deur De Villiers om Morné Steyn as heelagter te kies. Steyn, wat geen natuurlike aanvoeling het vir dié posisie nie, se posisionele spel is deur die All Blacks uitgebuit.

Puntemakers

Nieu-Seeland 40 (18): Drieë: Wyatt Crockett, Zac Guildford (2), Corey Jane (2), Colin Slade. Doelskoppe: Dan Carter (2). Strafdoele: Carter (2).

Suid-Afrika 7 (7): Drie: John Smit. Doelskop: Morné Steyn.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.