Drienasies

Div: Niemand kla oor swakker All Blacks

2011-08-16 09:35
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Port Elizabeth – As die Springbokke se afrigters ’n sogenaamde B-span oorsee stuur, word hulle as dom uitgekryt, maar as die Nieu-Seelandse afrigters dit doen, is dit piekfyn.

Só het Peter de Villiers, die afrigter van die Bokke, gister gereageer toe hy oor die verswakte All Black-span wat in die land is, gepols is.

“Dit is nie vir die media ’n groot ding as die Nieu-Seelanders ’n B-span hierheen stuur nie,” het De Villiers effens bitter gesê.

“Maar toe ons soontoe (oorsee) gegaan het (met ’n sogenaamde B-span), wou mense ons doodmaak.

“Daar is aanhoudend beklemtoon hoe dom ons is.

“Tog is dit net ’n kwessie van die Nieu-Seelandse afrigters wat ’n werk het om te doen en ons wat as Suid-Afrikaanse afrigters ’n werk het om te doen.”

De Villiers het al verskeie kere gesê hy het nie ’n ander keuse gehad as om sommige spelers te laat rus nie.

Die All Blacks het dit nou ook gedoen met onder andere die gereelde kaptein Richie McCaw en die briljante losskakel Dan Carter wat vandeesweek uitsit.

“Dit pla my dat dieselfde mense wat ons gekruisig het oor ons span nou stilbly oor die All Blacks se span,” het De Villiers gesê.

“Dit pla my meer as die span wat die All Blacks hier het. Jy kry nie ’n swak All Black-span nie, daar is baie ervare en goeie spelers in die span.”

De Villiers was vriendeliker toe hy oor die ontvangs wat die Bokke in die Baai gekry het en oor die Nelson Mandelabaai-stadion uitgevra is.

Eergister was daar ’n groot klomp ondersteuners by die lughawe om die All Blacks te verwelkom.

Toe die Bokke hier land, was daar self ’n klomp opgewonde ondersteuners om hulle te groet. Daar was ook baie mense wat gister die Bokke se oefening bygewoon het.

“Ons kry altyd so ’n goeie ontvangs by sulke klein plekkies waar mense 10 kilometer van alles af is,” het De Villiers gesê.

Hy was in sy noppies met die Nelson Mandelabaai-stadion en het gesê: “As die fasiliteite 20 jaar gelede hier was, sou ek gesê het Port Elizabeth is daarom gebou.”

Vir die Bokke sal dit Saterdag weliswaar byna soos ’n wegwedstryd wees.

Net twee Bokke, Francois Hougaard en Heinrich Brüssow, het sover vasgestel kon word, al in die stadion gespeel.

Hougaard het in 2009 vir die Southern Kings teen die Britse en Ierse Leeus gespeel en Brüssow het al vir die Cheetahs in ’n vriendskaplike wedstryd teen die OP-Kings uitgedraf.

– Sport24

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.