Drienasies

Div: 'Bokke is reg vir Aussies'

2011-08-11 20:56
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Durban – Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, het gesê sy span is slaggereed vir Saterdag se Drienasies-wedstryd teen Australië in Durban nadat hy 13 veranderinge aan die span aangebring het.

De Villiers het Donderdag al sy mees senior spelers wat beskikbaar is nader getrek vir ‘n grootskaalse verandering aan die Springbok-span wat twee weke gelede teen Nieu-Seeland uitgedraf het.

Onder die mees opmerklike insluitings tel die terugkeer van die skrumskakel Fourie du Preez en die flank Heinrich Brüssow vir die eerste keer in 21 maande, terwyl die losskakel Butch James ook op verrassende wyse ingesluit is.

Daar was ook plek vir John Smit op haker, terwyl Frans Steyn op heelagter gekies is.

“Dit is fantasties om Fourie en Heinrich terug te hê,” het De Villiers gesê.

“Buiten die feit dat hulle gemaklikheid besorg aan die ouens rondom hulle, is hulle wêreldklas-spelers.

“Hulle bring ‘n element wat ons gemis het oor die afgelope jaar en ek sien uit daarna om hulle so vinnig as moontlik te help om in te val.

“Hulle weet watter verantwoordelikheid op hul skouers rus, die druk op hulle bou op, maar ons weet hulle kan die druk hanteer.”

Du Preez het die internasionale seisoen van 2010 misgeloop weens ‘n skoueroperasie en Brüssow het ‘n ernstige kniebesering gehad.

“Hulle was twee van die voorste spelers in wêreldrugby toe hulle laas in 2009 gespeel het en hulle het baie bygedra tot die Springbokke se sukses daardie seisoen.

“Hierdie is die eerste stap terug vir hulle, maar ons wil hê hulle moet mettertyd dieselfde impak hê.”

Die span wat Saterdag uitdraf sal die mees ervare in Springbok-geskiedenis wees, met altesaam 810 toetse agter hulle, alhoewel die meeste van die spelers oor die afgelope vyf tot sewe weke geen rugby gespeel het nie.

“Die meeste van die ouens het hulself reeds op die verhoog van wêreldrugby bewys,” het De Villiers gesê.

“Hulle sal dalk sukkel vir die eerste 15 tot 20 minute, maar ek glo hul natuurlike talent sal inskop.”

Hy het die land gevra om te vergeet wat in die onlangse toer na Australasië, waar hulle maklik deur die Wallabies geklop is, gebeur het.

“Wat in die verlede gebeur het, was nie goed vir ons land nie en nie goed vir ons nie, maar ons los dit in die verlede. Ons fokus nou net op Saterdag se wedstryd.”

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: drienasies  |  springbokke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.