Drienasies

Dié nr. 9-outjie laat All Blacks wonder

2010-08-16 06:43
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Johannesburg - Wie is hierdie Francois Hougaard-outjie?

Nie dat hulle te paniekerig daaroor lyk nie, maar die All Black-rugbyspan het Sondag erken hulle weet maar weinig van dié jong Blou Bul-skrumskakel wat straks Saterdag die Springbokke se nr. 9-trui in die Drienasies-toets in die FNB-stadion gaan dra.

“Niks,” was die hulpafrigter Wayne Smith se antwoord toe hy gevra is hoeveel hulle van Hougaard af weet.

“Ons het hom op vleuel vir die Bulls sien speel in die Super14-reeks en hy was goed. Hy was duidelik ’n gevaarlike en sterk hardloper, maar ons weet niks oor die res van sy spel, soos sy skopwerk, nie.”

Nadat hy oor Hougaard uitgevra is, is Smith gevra wie hy dink die Springbokke se skrumskakel in die toetswedstryd sal wees. “Wel, nou glo ek dit gaan Hougaard wees,” het hy skertsend gesê nadat die media heelwat vrae oor dié speler gevra het.

Ricky Januarie is die ander skrumskakel in die Bok-groep.

Die All Blacks het self ’n moeilike keuse om te maak in die skrumskakel-posisie.

Jimmy Cowan en Piri Weepu het tot dusver in die Drienasies-reeks om die beurt in die nr. 9-trui gespeel. Volgens Smith is dit ’n moeilike besluit en een waaroor die afrigting-span nog kopkrap.

Cowan het Sondag gesê hy verwag dat Januarie wel in die Bokke se beginspan gaan wees, maar slegs omdat hy (Cowan) Hougaard ook nie juis ken nie. “Ek verwag Ricky sal speel. Ruan (Pienaar) is beseer en ek weet nie eens wie daardie ander skrumskakel is nie,” het Cowan gesê.

In Suid-Afrika is daar geen twyfel oor Hougaard se potensiaal nie, hoewel dit vir hom moeilik sal wees om sy eerste wedstryd in die Springbok-beginspan teen die magtige All Blacks te speel.

Suid-Afrika moet sonder die invloedryke skrumskakel Fourie du Preez klaarkom, maar Smith dink nie dit behoort soveel verskil te maak aan die span se sukses nie.

“Spanne wat erg beïnvloed word deur ’n besering aan een speler van gehalte se fokus is uiteraard verkeerd.”

Die Kiwi-hulpafrigter dink sy span kan veel sterker teenstand van die Bokke verwag as in die onlangse wedstryde in Nieu-Seeland.

“’n Wedstryd teen die Springbokke in Suid-Afrika is steeds een van die grootste uitdagings in rugby. Veral as daar bykomende emosionele sake is soos John Smit se 100ste toets, ’n verwagte skare van 90 000 en dat ons hulle vanjaar twee keer geklop het.”

- Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: sprinbokke  |  rugby  |  drienasies  |  all blacks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.