Drienasies

Daar’s tog lewe ná Fourie

2010-09-02 09:06
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Durban - Die Springbokke se probleem in vanjaar se Drienasies-rugbyreeks is nie soseer uitputting of Ierse skeidsregters nie – hulle mis eenvoudig vir Fourie du Preez.

Will Genia, wat in Australië as die “nuwe George Gregan” voorgehou word, het die beseerde Springbok-skrumskakel gister as sy groot held uitgesonder en glo Suid-Afrika het vanjaar sonder hom ’n dimensie ontbreek.

“Fourie beheer eenvoudig die wedstryd en is die spil waarom Suid-Afrika draai. Ek dink Morné Steyn is ’n beter speler wanneer Fourie speel, want hy hoef hom dan oor niks behalwe sy eie spel te bekommer nie omdat Fourie alles beheer,” sê Genia.

“Ek moet sê dat Francois Hougaard nou baie goed vaar en dit lyk of daar lewe ná Fourie is. Hougaard het beslis vir die Springbokke die vonk kom verskaf wat hulle ontbreek het.”

Hougaard het verlede week se eerste ronde in die stryd van die skrumskakels op Loftus Versfeld teen Genia gewen. Die opkomende Bok-ster is as die speler van die wedstryd aangewys in Suid-Afrika se sege van 44-31 oor die Wallabies.

“Sy sterkpunt is dat hy so vinnig oor die veld kom,” sê Genia oor Hougaard. “Hy kom vinnig by die afbreekpunte en laat die ervare ouens aan sy buitekant toe om die die spel te skep. Sy vaart beteken hy kan baie goeie ondersteunende lyne hardloop en dikwels byderhand wees om af te rond.”

Die 22-jarige Genia voel gevlei deur die gereelde vergelykings in Australië met Gregan, maar vir hom is Du Preez eintlik die maatstaf.

“Fourie is die beste skrumskakel wat ek nóg sien speel het. Hy het alles,” sê Genia.

“Hy kan hardloop, skop uitstekend, gee die bal goed uit en het baie goeie visie.

“Wat ek regtig van hom bewonder, is sy merkwaardige vermoë om altyd die regte besluit te neem. Jy sien hom baie selde ’n fout begaan of die verkeerde keuse uitoefen. Hy is beslis een van my helde en iemand teen wie ek graag speel.”

Genia word as ’n toekomstige Wallaby-kaptein beskou en sy vermoë om ’n leiersrol te vertolk, is nog ’n rede waarom die vergelyking met Gregan getref word.

“Gregan het soveel bereik omdat hy oor ’n lang tydperk goed was. Ek begin nou eers met my toetsloopbaan,” sê Genia. “Ek is gelukkig met my vordering, maar wil nou regtig toetse gereeld begin wen. Ons sukkel as groep om sukses te behaal en wil baie graag meer bestendig wees en meer dikwels wen.

“Ons begaan op kritieke tye kritieke foute. Ons probeer soms te veel rugby speel. Die Bokke se balans is baie goed, want hulle skop die bal hoek toe en verplaas die druk na hul teenstanders eerder as om in hul eie helfte te speel.”

Genia wil net aanhou om die basiese dinge goed te doen.

“Die dinge waarop ek my wil roem, is my aangewerk, skoppe en om instinktief te wees. Jy moet altyd vertroue in jouself hê en nooit aarsel nie, want sodra jy dit doen word ’n gulde geleentheid dalk net verbrou.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

erikdemilander sê... Kom Bulle - Kies Chilliboy!! Maak Stormers se pad soveel makliker. Ons kan alreeds op 5 lynstane reken wat ons gaan kry per wedstryd. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.