Cooper skop dalk in laaste Drienasies-stryd
2011-08-21 13:00
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Brisbane – Die losskakel, Quade Cooper, kan dalk die skopverpligtinge oorneem vir Saterdag se Drienasies-wedstryd teen die All Blacks as die jong James O'Connor weens wangedrag geskors word.
Verskeie Sondagkoerante het berig dat O'Connor die aand voor die Australiese Wêreldbekerspan aangekondig is, by kroeë opgemerk is.
Hy het nie dié aankondiging bygewoon nie en het ook die amptelike spanfoto misgeloop.
Cooper, Kurtley Beale of Berrick Barnes kan moontlik by O'Connor oorneem, het Robbie Deans, afrigter, gesê.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter