Drienasies

Butch wis wat wag teen Wallabies

2011-08-10 08:52
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Umhlanga Rocks - Butch James besef dit sal Saterdag op Kingspark in die Drienasies-rugbytoets teen die Wallabies sy taak wees om die wedstryd vir die Springbokke te beheer.

As James, soos allerweë verwag word, Donderdag as losskakel gekies word, kom hy teen die glibberige Quade Cooper te staan.

“Hy is ’n baie moeilike teenstander en wanneer jy teen ’n onvoorspelbare ou soos hy speel, het jy jou maats nodig om jou uit te help om hom in toom te hou.

“Dit is my taak om die nr. 10-kanaal te verdedig en jy moet maar net hoop jy kies reg watter kant toe hy gaan en dat jy hom kan slag.”

Toe hy gevra is of die Super Cooper hom kan regmaak om ’n bietjie van Butch se medisyne te proe, het James geantwoord: “Ek sal sorg dat ek reg is vir hom, maar as ek hom duik, sal dit binne die reëls geskied.

“Ek glo in elk geval nie daar skort enigiets met my dissipline nie,” het hy gesê, al het hy so pas ’n skorsing van vier wedstryde uitgedien nadat hy in die Lions se laaste Super Rugby-wedstryd teen die Sharks Keegan Daniel met ’n hoogvat geslag het.

“Ons het die laaste ruk baie gepraat oor waar ons nou is ná die nederlae in Australasië. Jy kan soveel praat as wat jy wil in die spankamers, maar dit is jou praatwerk op die veld deur jou aksies wat saak maak.

“Om saam met iemand soos Fourie du Preez te speel, maak jou taak ook soveel makliker, want hy haal die druk van jou af met sy ervaring. Hy weet presies hoe om die spel te beheer.”

Die verantwoordelikheid as stelskopper sal ook op sy skouers rus. “Ja, daar is druk aan verbonde en dit kan daartoe lei dat jou algehele spel nadelig beïnvloed kan word as jy vroeg een of twee skoppe mis.

“Aan die ander kant gee dit jou ook weer meer selfvertroue as jy raak korrel. Soos die jare gevorder het, het my stelskopwerk verbeter en is ek meer akkuraat.

“Dit gaan nodig wees dat ons vanuit die staanspoor druk op hulle moet plaas en hulle oorheers. Die Wallabies is nie ’n span wat jy moet toelaat om sommer gou selfvertroue te kry nie, want dan kan hulle jou seermaak,” het James gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.