Drienasies

Bokke't dalk nuwe heelagter teen All Blacks

2010-08-11 09:21
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Johannesburg - Hoewel daar nog twyfel bestaan oor Frans Steyn se kanse om volgende Saterdag in die Nasionale Stadion (Soccer City) teen die All Blacks uit te draf, kan die Springbokke in elk geval ’n nuwe heelagter in dié Drienasies-rugbywedstryd hê.

Steyn het teen Dinsdagaand nog in Frankryk gewag op die jawoord om na Suid-Afrika te reis, aangesien hy ’n skandering vir ’n enkelbesering ondergaan het.

As Steyn kan speel, sal hy hom so gou moontlik by die Springbok-oefenkamp hier aanmeld.

Maar dié reis en sy lastige enkel kan dit steeds moeilik maak om hom ten koste van Zane Kirchner in die laaste vesting van die beginspan te gooi.

Dié taak gaan heel waarskynlik op die skouers van Gio Aplon val.

Die Springbok-afrigtingspan gaan 5 van die 29 oefengroeplede aan hul unies vir Curriebeker-diens vrystel.

Die unies kan vandag al hoor wie hulle die volgende drie naweke sal kan inspan en dit kan moontlik Kirchner en sy Blou Bul-spanmaats Dewald Potgieter en Wynand Olivier, asook die Westelike Provinsie-flank Francois Louw insluit.

Tendai (Beast) Mtawarira of Jannie du Plessis kan ook na die Haaie terugkeer.

Behalwe vir Aplon in die heelagter-posisie, kan twee Kapenaars dalk ook as ’n nuwe senterpaar teen Nieu-Seeland speel.

Jaque Fourie is geskors en as Olivier vrygestel sou word, kan die middelveld deur WP se Jean de Villiers en Juan de Jongh beman word.

De Villiers is egter ook nog nie by die Bok-oefenkamp nie, aangesien hy Saterdag getrou het en op wittebrood is.

Op skrumskakel kan Francois Hougaard bo Ricky Januarie as Morné Steyn se skakelmaat ingesluit word.

Enkele ander Bokke het sake by gister se fiksheidsessie van die kantlyn af dopgehou.

Du Plessis, BJ Botha, Juan Smith en Ryan Kankowski het nie geoefen nie en die kaptein, John Smit, was grotendeels ’n toeskouer.

Fourie du Preez, Heinrich Brüssow en Bismarck du Plessis was ook teenwoordig. Brüssow en Du Preez gaan egter nog lank weens beserings buite aksie wees, maar word as sleutelspelers vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi steeds betrek.

Du Plessis het pas weer begin speel, maar word nie vir die toets teen die All Blacks oorweeg nie.

Die Bokke sal weer môre, Vrydag en Sondag op die oefenveld wees.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: frans steyn  |  springbokke  |  drienasies  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Rudel sê... Kom Bulle nou vir daai laaste 5 punt op toer,ons kan afsluit met 15 punte Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.