Bokke wys hulle kan teen All Blacks
2011-08-20 23:00
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Anja Carstens
Kaapstad – 'n Eerste wen in Port Elizabeth is die All Blacks steeds nie beskore nadat die Springbokke hulle Saterdag in die Nelson Mandelabaai-stadion geklop het.
Die Bokke het hul laaste Drienasies-toets, voor die Wêreldbeker op 9 September afskop, met 18-5 in Port Elizabeth gewen nadat hulle rustyd 15-5 voor was.
En die speler aan wie die Bok-breier Peter de Villiers 'n 'laaste kans' gegee het, Morné Steyn, het al die wenpunte aangeteken.
Die All Blacks het deurgaans die meeste balbesit én gebiedsvoordeel gehad, maar die Bokke het bly duik en Heinrich Brussow het bly balle steel.
Brussow het met sy bebloede skrumpet keer op keer die All Blacks met verslae uitdrukkings op hul gesigte gelaat. Die Vrystater was ook as speler van die wedstryd aangewys.
Die afwesigheid van Richie McCaw en Daniel Carter het gewys. En al is daar steeds haakplekke het die Bokke stukke beter gespeel as laasnaweek teen die Wallabies.
Puntemakers:
Springbokke:
Strafskoppe: Morné Steyn (5) Skepskop: Steyn
All Blacks:
Drie: Richard Kahui
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24