Drienasies

Bokke wil alles uithaal vir Mandela-skild

2010-09-04 06:36
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Die Burger

Bloemfontein – Die Drienasies-reeks is lankal verlore, verskeie senior Springbokke het moontlik ’n blaaskans nodig en tog is die nasionale rugbyspan oorgehaal om Saterdag die Mandela-skild te verower.

Die Bokke pak Australië op Vodacompark in hul laaste Drienasies-kragmeting van 2010 en baie Bok-ondersteuners sal wonder of hul span nog enige motivering oor het.

Volgens John Smit, kaptein van die Bokke, is hy en sy spanmaats gereed om vir oulaas alles in die stryd te werp.

Verskeie Bok-staatmakers sal na die wedstryd ’n ruskans kry en eers weer in die uitkloprondes van die Curriebeker-reeks vir hul provinsies speel.

Smit het Vrydag op ’n nuuskonferensie by die Bokke se hotel gesê die Mandela-skild, wat ’n wedywering tussen die Wallabies en Bokke is, is genoeg aansporing om op die veld te draf.

“Die Mandela-skild is beslis iets waarvoor ons kan speel, siende dat ons so ’n swak begin in die Drienasies gehad het. Elke toetswedstryd is spesiaal en om een te hê waar ons boonop vir die Mandela-skild speel, maak dit nog beter.”

Die span se fokus vir die kragmeting is onderstreep toe Smit ’n joernalis se vraag oor duidelikheid rondom die Bees Roux-debakel vroeër die week in die kiem gesmoor het.

“Kom ons fokus eerder op die rugby. Ek weet dit is moeilik vir julle (die media),” het hy gesê.

Peter de Villiers, Bok-breier, het vandeesweek gesê die Bokke ondersteun Roux, wat na bewering ’n metropolisieman doodgeslaan het. De Villiers het gesê hy en sy span het die voorval bespreek en hoewel hulle nie die beweerde daad ondersteun nie, het hulle beslis simpatie met Roux.

Die tuisspan speel Saterdag met die mees ervare Bok-beginspan ooit, met 750 toetse tussen hulle, en sal boonop hoop die geskiedenis herhaal homself om ’n goeie einde aan ’n droewige Drienasies-reeks te maak.

Daar is vandeesweek in die Aussie-kamp juis vanweë die besoekers se vertoningslys op die Hoëveld of in die binneland oor hul voorbereiding gepraat. Die Wallabies het in Durban geoefen en eers Donderdag in die Rosestad aangekom.

Die Aussies kon die Bokke laas in 1963 op die Hoëveld klop toe hulle op Ellispark met 11-9 baas was, maar het sedertdien al hul seges langs die kus behaal.


- Die Burger

Lees meer oor: rugby  |  wallabies  |  springbokke  |  drienasies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

louis.heydenrych sê... Groot jammer te !! .hy is goed op vorm en sal sekerlik teen die engelse speel vanjaar , Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Financial Accountant

Durban, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.