Drienasies

Bokke ‘verloor net op telbord’

2011-08-15 10:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Durban – Die Springbokke sal beter vertoon in die toets teen die All Blacks in Port Elizabeth as wat Saterdag hier teen Australië die geval was, het Suid-Afrika se afrigter, Peter de Villiers, rugby-ondersteuners verseker.

Volgens De Villiers het van die senior spelers wat lank uit aksie was wedstryd­oefening gekry teen die Wallabies en daarom behoort dit reeds teen die All Blacks beter te gaan met sy span.

Hy was in elk geval nie te omgekrap ná die Drienasies-nederlaag van 9-14 teen Australië nie.

“Die telbord is die enigste plek waar ons hierdie wedstryd verloor het.”

Dié woorde van De Villiers sal seker eendag saam met sy lang lys van vreemde stellings in boekvorm verskyn.

Soos almal weet, is die telbord al wat saak maak. Dat De Villiers se stelling daarop neerkom dat die Bokke in alle ander fasette van die wedstryd op Kingspark bo was en eintlik verdien het om te wen, kan ook betwis word.

Ja, kanse het hulle wel gehad, maar as jy nie jou kanse gebruik nie, gaan jy die prys betaal.

Wanneer dit saak gemaak het, was die Wallabies baas en daarom het hulle bo uitgekom op die een plek wat saak maak, die telbord.

De Villiers het darem erken rugby-­ondersteuners het die reg om soos Boetman die bliksem in te wees.

Die Bokke het nou vir hulself ’n verloorkultuur geskep waaruit dit nie lyk of hulle weet hoe om te ontsnap nie.

“Ons het wel goeie kanse geskep, maar dit nie benut nie,” het De Villiers erken.

“Daar is genoeg ervare ouens in die span om daardie kanse te kon benut. Toe ons eers agter geraak het, was dit moeilik om in ongunstige toestande in die tweede helfte terug te kom en ’n agterstand uit te wis.”

De Villiers het gesê hy is tevrede met die strukture wat gevestig is en veral die verdediging.

“Dit was ’n groot verbetering op die vorige twee toetse en iets waarop ons kan voortbou.”

Wat die televisieskeidsregter, Shaun Veldsman, se beslissing betref om nie in Jaque Fourie se guns te beslis vir ’n drie in die eerste helfte nie, het De Villiers gesê dit is “maar deel van die spel en dat dit ’n moeilike beslissing was om te vel”.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
70 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.