Drienasies

Bokke sal middelveld teiken

2011-07-21 23:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Sydney – Dit is onwaarskynlik dat die verwagte nat toestande Suid-Afrika daarvan sal weerhoed om die onervare middelveld-verdediging van Pat McCabe Saterdagaand te beproef.

Die vaardige senter Wynand Olivier sal McCabe, wat gewoonlik op heelagter vir die Brumbies uitdraf, se eweknie in die Bok-span wees. Volgens Jamie Pandaram, korrespondent van Rugby Heaven, het Olivier gesê die Springbokke sal nie hul taktiek verander nie, ondanks die swaar reënval in Sydney wat dreig om die openingswedstryd van die Drienasies-toernooi in ‘n wedstryd van tienman-rugby te verander.

“Teen die Wallabies is ons altyd voorbereid op ‘n fisieke konfrontasie, maar selfs as dit reën, sal ons te werk gaan soos ons geoefen het in die afgelope paar weke,” het Olivier aan die Herald gesê.

“Ek het nie eintlik verwag om hom (McCabe) daar te sien nie, omdat hy ‘n heelagter is. Ek het hom nog nie eintlik op senter gesien nie, buiten verlede naweek. Maar hy het heel goed gevaar. Ek sal daarna uitsien om die naweek teen hom te speel, ek dink dit gaan ‘n goeie uitdaging vir my wees.

“Ek gaan kyk of ek een of twee keer verby hom kan probeer glip.

“Dit is internasionale rugby. Hulle sou hom nie daar gesit het as hy dit nie kon hanteer nie. Hy is ‘n goeie speler en ek sien uit om teen hom te speel.”

Olivier is een van verskeie Bokke wat vasberade is om te bewys dat hulle in die Wêreldbeker-groep hoort, nadat Peter de Villiers meer as 20 van sy top-spelers in Suid-Afrika gelos het om te rus en van beserings te herstel.

“Almal wil na die wêreldbeker gaan. Nou kry jy die kans om te wys wat jy kan doen,” het Olivier gesê.

Die spanne is:

Springbokke: 15 Gio Aplon, 14 Bjorn Basson, 13 Juan de Jongh, 12 Wynand Olivier, 11 Lwazi Mvovo, 10 Morne Steyn, 9 Ruan Pienaar, 8 Ashley Johnson, 7 Danie Rossouw, 6 Deon Stegmann, 5 Johann Muller, 4 Flip van der Merwe, 3 Werner Kruger, 2 John Smit, 1 Dean Greyling

Plaasvervangers: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 CJ van der Linde, 18 Alistair Hargreaves, 19 Jean Deysel, 20 Charl McLeod, 21 Adrian Jacobs, 22 Patrick Lambie

Wallabies: 15 Kurtley Beale, 14 James O'Connor, 13 Adam Ashley-Cooper, 12 Pat McCabe, 11 Digby Ioane, 10 Quade Cooper, 9 Will Genia, 8 Ben McCalman, 7 David Pocock, 6 Rocky Elsom, 5 James Horwill, 4 Rob Simmons, 3 Ben Alexander, 2 Stephen Moore, 1 Sekope Kepu

Plaasvervangers: 16 Saia Faingaa, 17 Pek Cowan, 18 Nathan Sharpe, 19 Matt Hodgson, 20 Scott Higginbotham, 21 Nick Phipps, 22 Anthony Faingaa


- Rugby Heaven

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.