Bokke dalk sonder Bakkies
2010-07-10 16:32
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Auckland - Die Bok-slot Bakkies Botha gaan voor Sanzar se regsbeampte verskyn ná hy die All Blacks-skrumskakel Jimmy Cowan tydens hul openingswedstryd van die Drienasies-toernooi Saterdag met die kop geslaan het.
Die voorval het in die tweede minuut van die wedstryd plaasgevind, maar nie die skeidsregter of sy assistente het die voorval gesien nie.
Nieu-Seeland het die wedstryd 32-12 gewen.
Botha is ná die wedstryd deur die Sanzar-uitwysbeampte, Scott Nowland, uitgewys vir gevaarlike spel en verskyn Sondag in Auckland voor Dennis Wheelahan, Sanzar se regsbeampte.
Die Springbok-breier, Peter de Villiers, sê hy verwag dat dié slot geskors gaan word ná dié voorval.
"Bakkies gaan geskors word, so ons sal maar net moet wag en dit daarvandaan neem," het de Villiers gesê.
Die Springbokke kom volgende Saterdag in die tweede wedstryd van die
Drienasies-reeks weer te staan teen Nieu-Seeland in Wellington.
Daarna
gaan hulle Brisbane toe vir 'n wedstryd teen Australië op 24 Julie.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Reuters