Drienasies

Bok-dade ál wat tel

2011-08-13 08:03
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Durban – Die tyd vir praat is verby.

Vanmiddag op Kingspark gaan dit dade, en nie woorde nie, wees wat in die Springbokke se Drienasies-toets teen die Wallabies in Durban sal tel.

Vandeesweek is die regte geluide gemaak uit die Bok-kamp, maar sien is glo en daarom moet die praatwerk op die rugbyveld gedoen word om weer vertroue en geloof in die Bok-trui te herstel.

Dit is alles goed en wel om die Australiërs met die mees ervare Springbok-span in die geskiedenis aan te durf, maar statistieke het nog nooit ’n toets gewen nie.

Trouens, toe die Bokke in 2010 met hul mees ervare span (toe was daar 750 verskynings teenoor die 810 van nou) teen die Wallabies in Bloemfontein gespeel het, het die besoekers die eerste keer in 47 jaar ’n toets hoog bo seevlak gewen.

Met die uitsondering van die flanke Schalk Burger en Juan Smith sal die Bokke met hul sterkste moontlike kombinasie op die veld draf.

Daar is nog diegene van ons wat glo Bismarck du Plessis moes in die nr.2-trui gewees het, maar nou ja.

Niks anders as ’n oortuigende sege sal genoeg wees om die aasvoëls, wat al ’n ruk om die Springbok-karkas hang, die wyk te laat neem nie.

Daar word gesê dit kan die Bokke, wat vir so ’n lang tydperk nie saam gespeel het nie, dalk ’n rukkie neem om te kliek.

Dan kan dit té laat wees. Die Wallabies sal vanuit die staanspoor druk op die tuisspan plaas om hom te ontsenu en die vertwyfeling wat daar mag wees, uit te buit. Dis veral die Bok-verdediging wat onder die vergrootglas geplaas gaan word.

Daar is omtrent geen groter toets vir jou keerwerk as Kurtley Beale, Digby Ioane, James O’Connor, Quade­ Cooper en Will Genia nie.

Die Bokke se duikdokter, Jacques Nienaber, kon nie vir ’n groter vuurdoop gevra het nie.

Dit is ou hande soos Victor Matfield, Smit, Pierre Spies, Jean de Villiers, Jaque Fourie, JP Pietersen, Fourie du Preez en Butch James­ wat rigting aan die Bokke moet gee en die leiding moet neem.

Hierdie gaan oor veel meer as net ’n toets wen. Dit gaan oor die herstel van vertroue in alles waarvoor Springbok-rugby staan en om selfvertroue te skep so kort voordat die Wêreldbeker verdedig word.

Met soveel spelers wat nou maar eers terugkeer ná beserings en ’n lang tydperk uit aksie, sal daar uiteraard heelwat twyfel in hul eie gemoed wees.

Hulle moenie net die ondersteuners rustig stem nie, maar ook hulself.  Teen die naasbeste span ter wêreld sal dit alles behalwe ’n maklike taak wees.

Die Wallabies het hul eie spoke wat hulle wil verdryf. Hulle was baie teleurstellend teen Samoa en die All Blacks en die druk is ook nou kwaai op hulle om die messe wat by die huis geslyp word, te ontduik.

As die voorspelling van reën ook nog bewaarheid word, sal dit die drama verhoog.

Die spanne is:

Suid-Afrika:

Frans Steyn, JP Pietersen, Jaque­ Fourie, Jean de Villiers, Bryan Habana, Butch James, Fourie du Preez, Pierre Spies, Danie Rossouw, Heinrich Brüssow, Victor Matfield, Bakkies Botha, Jannie du Plessis, John Smit (k), Beast Mtawarira.

Plaasvervangers: Bismarck du Plessis, Gurthrö Steenkamp, Gerhard Mostert, Jean Deysel, Francois Hougaard, Morné Steyn, Gio Aplon.

Australië:

Kurtley Beale, James O’Connor, Adam Ashley-Cooper, Pat McCabe, Digby Ioane, Quade Cooper, Will Genia, Scott Higginbotham, David Pocock, Rocky Elsom (k), James Horwill, Nathan Sharpe, Ben Alexander, Stephen Moore, Sekope Kepu.

Plaasvervangers: Saia Fainga’a, Salesi Ma’afu, Sitaleki Timani, Radike Samo, Ben McCalman, Luke Burgess, Anthony Fainga’a.

Sport24

– Volg Nuus24Sport op Twitter.

Lees meer oor: springbokke  |  drienasies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.