Drienasies

'Bakkies nie 'n boef'

2010-07-13 09:46
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

WELLINGTON (Nieu-Seeland). – Bakkies Botha is nie ’n misdadiger nie. Hy het ’n fout begaan, is gestraf daarvoor en sal hopelik daaruit leer.

Sodra hy weer beskikbaar is en met sy spel vir die Blou Bulle wys sy vurigheid bly binne die reëls, bestaan geen rede waarom hy nie weer vir die Springbokke behoort te speel nie.

Só het die Bok-afrigter, Peter de Villiers, hier gesê nadat die span met sy voorbereiding vir Saterdag se tweede Drienasie-toets teen die All Blacks begin het.

Met die meeste emosie nou verby, word dit duidelik dat die Botha-voorval ’n reuse-impak op die uitslag van die eerste toets gehad het.

Veral die herhaaldelike terugspeel van die voorval in die eerste minuut of wat daarna gebeur het, was nie net in die kop van die skeidsregter, Alan Lewis, nie, maar ook in dié van die spanlede, wat besef het dat hulle die res van die wedstryd teen ’n oormag moes baklei.

Lewis het skaars tien minute ná die voorval ’n uiters omstrede geelkaart teen Botha vir ’n ander oortreding gegee en in die tien minute daarna is die toets verloor.

Die Bokke het skynbaar ook nog nie ná die voorval herstel nie, te oordeel na De Villiers se gesprekke met die media hier.

“Dit het ons geskud. Bakkies was skuldig, laat ons dit duidelik stel. Maar daar was ’n regsproses en hy is gestraf.

“Wat my egter pla, is dat Jimmy Cowan niks oorgekom het nie. Wie het eerste ’n oortreding begaan en Bakkies teruggetrek?”

De Villiers was ook bitter ontevrede dat Botha se kopstamp herhaaldelik op die groot TV-skerms teruggespeel is, maar die Cowan-daad nie een keer gewys is nie.

“Miskien het ek ook ’n fout gemaak om Bakkies weer terug te stuur ná sy geelkaart, want hy kon sekerlik nie meer kopfiks gewees het ná alles nie. Ek wou egter solidariteit met hom wys,” het die breier gesê.

Sport24 het vasgestel dat verskeie senior spelers baie ontevrede oor hul spanmaat se optrede was.

Botha het nie eens die Bokke se tradisionele samesyn ná die tyd, die kontiki, bygewoon nie, omdat hy te verleë was, is verneem.

Hy het later in ’n verklaring gesê hy weet hy het sy land, sy span en sy familie in die steek gelaat.

Botha se skorsing eindig op 4 September.

“Wie van julle het nog nie foute gemaak nie? En is julle die ewigheid toe verban as gevolg daarvan?

“Bakkies sal ná sy skorsing kans kry om by die Bulle te wys hy het uit sy foute geleer en sal beslis weer vir die Bokke oorweeg word,” het De Villiers gesê.

Dit kan dalk beteken dat Botha, wat geoormerk was om ná die Drienasie-reeks aan ’n spesiale kondisionering-en-rusprogram deel te neem, dit nou reeds kan doen.

Hy behoort dan daarna vir die Blou Bulle in die Curriebeker-reeks te speel.

’n Gedissiplineerde vertoningslys daar behoort genoeg te wees om in November weer saam met die Bokke vir die sogenaamde Grand Slam-toer na Brittanje en Ierland te reis.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 
 

Lees meer oor: rugby  |  springbokke  |  drienasies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.