Bakkies draf uit teen All Blacks
2010-07-08 11:42
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Auckland - Die twee slotte, Bakkies Botha en Danie Rossouw, is fiks verklaar en ingesluit in die Springbok 22-tal vir Saterdag se Drienasies-openingswedstryd teen die All Blacks op Eden Park in Auckland.
Botha, wat in die beginspan is, het van ‘n dyspierbesering herstel. Rossouw sal op die plaasvervangerbank begin nadat ‘n heupbesering hom uit die Bokke se laaste toets teen Italië in Oos-Londen gehou het.
Drie veranderinge is aan die span gemaak wat in die tweede toets teen Italië uitgedraf het.
Zane Kirchner keer terug as heelagter in die plek van Gio Aplon, Wyand Olivier vervang Juan de Jongh op binnesenter en Victor Matfield neem die slot-posisie by Andries Bekker oor.
“Al die spelers in die groep is fiks en reg om te speel, so ons het met ‘n paar moeilike keuses gesit. Maar hierdie is die sterkste, moontlike span,” het Bok-breier Peter de Villiers tydens die spanaankondiging gesê.
Afskoptyd op Eden Park is om 09:35 Saterdagoggend.
So lyk die spanne:
Springbokke:
15 Zane Kirchner, 14 Jean de Villiers, 13 Jaque Fourie, 12 Wynand Olivier, 11 Bryan Habana, 10 Morne Steyn, 9 Ricky Januarie, 8 Pierre Spies, 7 Francois Louw, 6 Schalk Burger, 5 Victor Matfield, 4 Bakkies Botha, 3 Jannie du Plessis, 2 John Smit (kaptein), 1 Gurthro Steenkamp.
Plaasvervangers: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 BJ Botha, 18 Andries Bekker, 19 Danie Rossouw, 20 Ruan Pienaar, 21 Butch James, 22 Gio Aplon
Nieu-Seeland:
15. Mils Muliaina, 14. Cory Jane, 13. Conrad Smith, 12. Ma’a Nonu, 11. Joe Rokocoko, 10. Dan Carter, 9. Jimmy Cowan, 8. Kieran Read, 7. Richie McCaw (kaptein), 6. Jerome Kaino, 5. Tom Donnelly, 4. Brad Thorn, 3. Owen Franks, 2. Keven Mealamu, 1. Tony Woodcock
Plaasvervangers: 16. Corey Flynn, 17. Ben Franks, 18. Samuel Whitelock, 19. Liam Messam, 20. Piri Weepu, 21. Aaron Cruden, 22. Richard Kahui