Australiese rugbybaas wil Sanzar-verhouding red
2010-08-19 04:31
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Sydney – Die Australiese rugbybaas, John O’Neill, wil eersdaags sake in die Sanzar-debakel beredder wanneer hy met Suid-Afrikaanse rugbybeamptes vergader.
Saru het onlangs gesê hy oorweeg dit om hom aan dié liggaam te onttrek. Sanzar is ’n vennootskap met Australië en Nieu-Seeland en bestuur onder meer die Super- en Drienasies-reeks.
O’Neill sal binnekort in Suid-Afrika aankom.
“Dit moet met ’n knippie sout geneem word,” het O’Neill Dinsdag gesê.
“Ek sal oor tien dae daar wees en met Saru-beamptes vergader. Die verhouding is weens verskeie redes tans nie baie goed nie. Ek wil help om sake bietjie te laat afkoel.
“Dis ’n baie belangrike gesamentlike ooreenkoms. Ons het onlangs ’n nuwe uitsaaiooreenkoms gesluit wat tot 2015 strek. Daarom is dit vreemd om nou, aan die begin van die nuwe ooreenkoms, oor die beëindiging daarvan te bespiegel.”
Verhoudinge het onlangs versuur nadat Peter de Villiers, Springbok-breier, voor ’n tugkomitee verskyn het.
- Sapa - AFP