Australiese media loof Wallabies
2011-08-15 11:38
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Johannesburg – Volgens Australiese media het die Wallabies een van hul dapperste oorwinnings in 'n toets oorsee behaal toe hulle die Bokke Saterdag in die Drienasies-kragmeting in Durban geklop het.
Die Wallabies se oorwinning van 14-9 op Kingspark was die derde keer in die afgelope vier seisoene wat hulle die Springbokke in Suid-Afrika kon wen.
"Met 'n maand oor voor die Wêreldbeker afskop, het hierdie wen op 'n kritieke tyd gekom," het die Sydney Morning Herald berig.
"Om sulke taai wedstryde te wen is belangrik vir enige span wat hulself ernstig opneem."
"Op hierdie stadium van hul Drienasies-veldtog kan die Wallabies ten minste al na die halfeindronde van die Wêreldbeker uitsien. En van daar af kan 'n onderskep-drie of skepskop enige iets moontlik maak."
Die Herald het berig dat die Wallabies een van hul dapperste oorwinnings in Suid-Afrika behaal het.
"Die Wallabies is 'n span wat nog altyd goed kon verdedig. Mens kon op Kingspark hoor hoe die spelers mekaar duik.
"Dit was toetsrugby op sy boeiendste."
Geen Wallaby-span kon in elf jaar die Springbokke keer om 'n drie voor hul tuisskare te druk nie," het die Daily Telegraph berig.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24