Aussie borg kwyt oor opmerkings
2010-09-07 11:25
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Sydney - Die Australiese swemmer Stephanie Rice is haar borgskap met die luukse motorvervaardiger Jaguar kwyt na haar omstrede uitlatings oor die Springbokke.
Die 22-jarige swemmer het ná Australië se Drienasies-oorwinning oor Suid-Afrika in Bloemfontein op Twitter getweet: "Suck on that, f**gots."
Rice, wat glo in 'n verhouding met die Wallaby-losskakel Quade Cooper betrokke is, het die tweet later verwyder en om verskoning gevra.
Maar Jaguar Australië se algemene bestuurder Kevin Gould, het Dinsdag aangekondig dat die maatskappy onmiddelik "sy verhouding met Rice gestaak het". Rice sal ook haar Jaguar XF sportmodel aan die maatskappy moet teruggee.
Die driemalige Olimpiese-kampioen het verlede week 'n operasie aan haar skouer ondergaan en sal gevolglik volgende maand se Statebondspele in Indië misloop.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- AP