Drienasies

Aus-span vir Bloem bekend

2010-09-01 16:08
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Bloemfontein – Die Wallabies Drew Mitchell en Stephen Moore gaan in hul 50ste toets uitdraf wanneer Australië Saterdag die Springbokke op Vodacompark in Bloemfontein pak.

Australië het vanjaar se Drienasies-openingswedstryd teen die Springbokke in Brisbane met 30-13 gewen, maar in hul tweede kragmeting teen die Bokke met 44-31 in Pretoria vasgeval.

‘n Oorwinning in Bloemfontein sal Australië as wenners van die Mandelabeker kroon én die tweede plek op vanjaar se Drienasies-punteleer verseker.

Afrigter Robbie Deans het drie veranderinge gemaak aan die 15-tal wat op Loftus uitgedraf het.

Behalwe vir Moore wat Saia Faingaa as haker vervang, maak Dean Mumm plek vir Mark Chisholm en Ben McCalman sal in die plek van Richard Brown uitdraf.

Deans meen sy veranderinge sal die Wallabies meer slaankrag gee.

“Al drie die spelers gaan energie na die span bring,” het hy gesê.

Spanne:

Suid-Afrika:

15 Frans Steyn, 14 JP Pietersen, 13 Jaque Fourie, 12 Jean de Villiers, 11 Bryan Habana, 10 Morné Steyn, 9 Francois Hougaard, 8 Pierre Spies, 7 Juan Smith, 6 Schalk Burger, 5 Victor Matfield, 4 Danie Rossouw, 3 Jannie du Plessis, 2 John Smit (kaptein), 1 Gurthrö Steenkamp
Plaasvervangers: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 CJ van der Linde, 18 Flip van der Merwe, 19 Ryan Kankowski, 20 Ricky Januarie, 21 Juan de Jongh, Gio Aplon

Australië:

15. Kurtley Beale, 14. James O’Connor, 13. Adam Ashley-Cooper, 12. Matt Giteau, 11. Drew Mitchell, 10. Quade Cooper, 9. Will Genia, 8. Ben McCalman, 7. David Pocock, 6. Rocky Elsom (kaptein), 5. Nathan Sharpe, 4. Mark Chisholm, 3. Salesi Ma’afu, 2. Stephen Moore, 1. Benn Robinson            

Plaasvervangers: 16. Saia Fainga’a, 17. James Slipper, 18. Dean Mumm, 19. Richard Brown20. Luke Burgess, 21. Berrick Barnes, 22. Anthony Fainga’a          

Australia teen Suid-Afrika – Rugby Geskiedenis

• Saterdag se toets sal die 74ste keer wees wat die die spanne teen mekaar speel. Australië het 28 wedstryde gewen en Suid-Afrika 44. Een wedstryd is gelykop gespeel.

• Australië kon slegs agt van die oorwinnings op Suid-Afrikaanse bodem behaal.

• En die Aussies kon nog net tweekeer op die Hoëveld met die Bokke klaarspeel. Dit was in 1933 met 15-4 in Bloemfontein en in 1963 met 11-9 op Ellis Park in Johannesburg.

• Die Bokke se laaste nederlaag op Vodacompark was in 2000 toe hulle met 27-22 teen Engeland vasgeval het.

Afskoptyd Saterdag in Bloemfontein is 17:00.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: springbokke  |  drienasies  |  rugby  |  wallabies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

erikdemilander sê... Kom Bulle - Kies Chilliboy!! Maak Stormers se pad soveel makliker. Ons kan alreeds op 5 lynstane reken wat ons gaan kry per wedstryd. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.