Drienasies

Aplon: Niks fout met ons taktiek

2010-09-03 10:03
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.


Bloemfontein - Die Springbokke glo in hul strukture en dit laat selfs ’n kreatiewe buksie soos Gio Aplon toe om hom môre hier in die Drienasies-wedstryd teen Australië op die rugbyveld uit te leef.

Aplon is as plaasvervanger in die plek van die beseerde Butch James vir die Bokke se laaste kragmeting van 2010 se reeks gekies en wil graag as hy kans kry die Wallabies dronk hardloop.

Die Bokke is dikwels in die reeks vir hul gebrek aan kreatiwiteit en wedstrydplan gekritiseer, maar die span en sy afrigter, Peter de Villiers, staan daarby. Hulle meen dit moet beter uitgevoer word.

Aplon sê daar skort niks met die Bokke se taktiek nie en dat hy die vryheid het om sy voete en vaart die praatwerk te laat doen.

“Wat goed by die Bokke is daar is ’n struktuur, maar die afrigter gee jou die vryheid om jouself binne daardie struktuur – met die potensiaal en talente wat jou hier gebring het – te kan wees. Daarom is dit ’n mengsel van struktuur en om jouself uit te leef.”

Die blits wil graag op Vodacompark die Aussies besig hou.

“Dis ongelukkig dat Butch seergekry het. Hy het ’n groot impak gemaak en daardie verantwoordelikheid is nou op my skouers om dieselfde impak te maak.

“Dis ’n geleenheid vir my – dis nie ’n reg om vir die Springbokke te speel nie, maar ’n voorreg.”

Die Wallaby-heelagter Kurtley Beale het die wedstryd in Pretoria erken dat die Aussies met opset minder skop en meer wil hardloop.

De Villiers-hulle het verlede jaar, toe hulle die Drienasies-titel gewen het, aansienlik meer as vanjaar geskop.

Volgens Aplon moet hy en sy spanmaats meer akkuraat wees en kan die Wallabies hulle hard straf.

“Die taktiek wat die All Blacks en die Wallabies tot nou toe gebruik het, het vir hulle gewerk.

“Ons moet net meer akkuraat wees in wat ons doen. Ek dink hulle het weer bewys dat as jy net 1% af is in wat jy wil doen, kan hulle jou bietjie seermaak. Daarom moet ons net daardie 1%, waar ons miskien op 99% was, optel en 100% insit. Dis moeilik om te sê wat gaan werk en wat nie. Ons moet maar net doen wat ons doen – dit het verlede Saterdag gewerk,” sê Aplon.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Sirrion sê... Met so 'n naam kan jy net gaan boer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline
2003
R 69,995.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.