All Blacks verwag vuur van Bokke
2011-08-15 21:54
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Kaapstad – Wayne Smith, hulpafrigter van die All Blacks, glo die Springbokke sal ‘n massiewe uitdaging wees ná hul verbeterde vertoning teen Australië in Durban.
Die All Blacks glo die Suid-Afrikaners het gewys dat hul spel weer op die regte pad kom, ondanks die nederlaag van 9-14 teen die Wallabies.
Smith het gesê daar was “onheilspellende” tekens by die Bokke, wat gevaar kan spel vir Nieu-Seeland voor Saterdag se wedstryd in Port Elizabeth.
Die Kiwi-hulpafrigter voel die Bokke het verloor omdat hulle verroes was en die wedstryd sou hulle sterker gemaak het voor die naweek se kragmeting.
“Dit het gelyk of hulle bloot ‘n bietjie uit stoom uit geloop het teen die einde,” het Smith op die webwerf stuff.co.nz gesê.
Hy voel dit sal ‘n massiewe toets wees vir ‘n Nieu-Seelandse span wat vol spelers is wat vir hulle ‘n plek in die Wêreldbeker-groep wil oopspeel.
“Ons verwag ‘n baie fisieke en harde wedstryd teen hulle,” het Smith gesê.
Die All Blacks sal hul span Donderdag aankondig.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter