All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
2011-08-30 07:11
In-diepte Verslae
Australië het die All Blacks in die beslissende Drienasies-toets in Brisbane geklop om vir die eerste keer in 10 jaar die wentrofee omhoog te hou.
Wellington – Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur Sanzar se tugverhoor om die Wallaby Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Cooper is Saterdag vir vuilspel uitgewys in die 45ste minuut van die Drienasies-toets in Brisbane, nadat hy Richie McCaw met 'n knie in die gesig gestamp het.
Maar hy is Sondag deur die Sanzar-beampte, Jannie Lubbe, vrygespreek toe bevind is dat dit nie opsetlik was nie.
Die All Blacks se afrigter, Graham Henry, het gesê dié bevinding verbaas hom.
Ek het regtig gedink dat hy Richie McCaw opsetlik met sy knie in die gesig gestamp het en baie ander het ook so gevoel," het Henry gesê.
McCaw se reaksie op die uitspraak was: "Jong, niks verbaas my deesdae as dit by tugverhore kom nie."
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24