Drienasies

All Blacks tromp-op aangevat

2010-07-09 09:05
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Auckland - Dis óór en déúr die All Blacks...nie óm hulle nie.

Graham Henry verwag dalk dat die Springbok-rugbyspan meer avontuurlustig gaan wees, maar dit is duidelik dat die besoekers môre die All Blacks met ’n direkte, fisieke benadering gaan takel.

Henry het vroeër gesê hy verwag dat die Bokke die bal à la die Stormers in die Super14-reeks sal gebruik, maar die Bok-afrigter, Peter de Villiers, het gister hier ’n span aangekondig wat beslis die kortste pad doellyn toe op Eden Park in die openingstoets van vanjaar se Drienasies-reeks gaan opsoek.

Bakkies Botha en Danie Rossouw het hul skete afgeskud en is ingesluit, met laasgenoemde wat saam met Andries Bekker op die plaasvervangersbank sal wees.

Dit is ’n reuse-pluspunt vir die Springbokke en gee hulle ’n byna onaantasbare voordeel in die lynstane.

“Dit was moeilik om die span te kies,” het De Villiers agterna erken.

“Met Bakkies en Danie wat toe wel fiks was, het ek al my keuses beskikbaar gehad. Dit was moeilik om vir die ses ouens wat nie betrokke gaan wees nie te sê hulle speel nie, want ek weet hulle is goed genoeg om ook Saterdag te kon speel.”

Die breier het die sluier effens gelig oor die manier waarop sy span wil speel.

“Ek dink dit is die beste span vir die toestande. Ons verwag ’n nat veld – en ons verwag van ons ouens om sterk te staan in hul onderskeie posisies en seker te maak dat die All Blacks nie momentum kry nie.

“Die rolmaal is beslis ’n keuse,” het De Villiers erken.

“Rolmaalbewegings was nog altyd deel van ons rugby en ons sal dit beslis doen noudat die reëls dit weer toelaat. Verlede jaar was ons ’n bietjie tussen die duiwel en die diep blou see in hierdie opsig.

Ons weet nou ons mag dit gebruik en sal dit beslis probeer doen.”

Dié aspek van die spel word egter steeds gekortwiek deur verskillende vertolkings deur die skeidsregters, maar volgens De Villiers sal sy span moet aanpas by die skeidsregter, Alan Lewis, en nie andersom nie.

“Die skeidsregters is deel van die spel. Hulle begaan almal foute omdat daar soveel grys gebiede is. Ons moet net seker maak ons pas aan by wat hy wil hê,” het die breier gesê.

Hy is tevrede met sy span se voorbereiding en vordering vanjaar, maar meen steeds die All Blacks is die gunstelinge in dié toets. “Die All Blacks durf nie onderskat word nie. Hulle is gekwes en seer.

“Die Springbokke is mos maar altyd ’n groot motiveerder vir die spanne teen wie hulle speel. Ek dink egter hulle (die All Blacks) is die gunstelinge vanweë die tuisveld-faktor.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Lees meer oor: rugby  |  springbokke  |  drienasies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.