All Blacks bly nommer een
2010-07-10 11:19
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Anja Carstens
Kaapstad - Die All Blacks het hul eerste plek op die wêreldranglys behou nadat hulle die Springbokke Saterdag in die Drienasies-openingswedstryd op Eden Park in Auckland met 32-12 geklop het.
Die Kiwi's het vroeg met die hoë skoppe en teenaanvalle begin. Slot Bakkies Botha se geelkaart in die eerste helfte het die tuisspan geleentheid gegee om tien punte in die sakkie te kry. Botha se onnodige kopstamp aan die begin van die wedstryd sal heel moontlik uitgewys word en die slot kan tot ses weke geskors word.
Die All Blacks het teen rustyd met 20-3 voorgeloop. In die lynstane waar die Springbokke domineer kon Nieu-Seeland ingooie ontwrig en 'n paar balle afneem.
Twee strafskoppe vroeg in die tweede helfte deur Morné Steyn het die Bokke stadig laat nader kruip maar die All Blacks het vinnig geantwoord met 'n uitstekende drie deur agsteman Kieran Read in die 57ste minuut.
Die Bokke sal nie gelukkig wees met die aantal duikslae wat hulle in dié kragmeting gemis het nie.
'n Drie deur Tony Woodcock in die 79ste minuut het aan die All Blacks 'n waardevolle bonuspunt gegee.
Puntemakers:
All Blacks: Drieë: Conrad Smith, Ma'a Nonu, Kieran Read, Tony Woodcock Doelskoppe: Daniel Carter (3) Strafskoppe: Daniel Carter (2)
Springbokke: Strafskoppe: Morné Steyn (4)
Suid-Afrika se volgende wedstryd is weer teen die All Blacks Saterdag in Wellington.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter
te volg.
- Sport24