Drienasies

All Blacks-afrigter prys Div

2011-08-16 10:21
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Port Elizabeth – Hy verdien beslis nie ’n medalje vir sy uitsprake nie, maar daar skort niks met die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, as ’n rugbymens nie.

Dít is hoe die All Black-hulpafrigter Wayne Smith gister sy opvatting oor die Bok-breier aan die media hier in die Baai voor Saterdag se Drienasies-toets verwoord het. Smith dwing wêreldwyd agting af as ’n student van die spel.

“Ek het Peter die afgelope drie jaar leer ken, veral in 2009 toe ons (drie keer) teen die Springbokke verloor het,” het Smith gesê.

“Ons het by die Bokke se kleedkamer gaan inloer om met hulle te gesels, want daar was iets besonders aan daardie span. My ervaring van Peter was dat hy werklik ’n goeie rugbyman is.

“Ek weet van sy uitsprake kom nie altyd reg uit nie, maar dit gebeur nou en dan met ons almal.

“Sy gees is ongelooflik. Hy is ’n ware rugbyman en die mense om hom het baie tyd vir hom. Die spelers hou baie van hom en die omgewing wat hy skep. Ek geniet dit ook baie om met hom te gesels.”

Daar is gister uit die geledere van die Nieu-Seelandse media aan Smith gevra of De Villiers die regte mense om hom het. De Villiers se hulpafrigters, Dick Muir en Gary Gold, is verlede jaar byna afgedank.

“Ek dink hy (De Villiers) is ’n slim man. Mense skets ’n sekere prentjie van hom, maar nie elke oog wat toe is dui op iemand wat aan die slaap is nie. Hy is baie meer uitgeslape as waarvoor mense hom krediet gee.”

Smith verwag die toevoeging van die voormalige Bok-losvoorspeler Rassie Erasmus tot die Bokke se bestuurspan sal Suid-Afrika meer skietgoed gee.

“Rassie is tegnies goed. Dit was nog altyd die geval. As speler was sy kennis van die spel goed. Hy is takties uitgeslape en gaan op detail fokus.”

Dit gaan natuurlik ook ’n verskil maak dat die begaafde skrumskakel Fourie du Preez vanjaar vir die Bokke speel.

“Ons beskou Fourie as die beste voetballer teen wie ons die afgelope agt jaar te staan gekom het.

“Hy is tans dalk effens verroes, maar is ’n puik speler.”

Die All Black-losvoorspeler Adam Thomson het intussen ook lof gehad vir die Bok-agtsteman, Pierre Spies.

“Ek was baie beïndruk met sy lopies van agter die skrum.

“Dis seker die beste wat ek hom die afgelope paar seisoene sien speel het. Dis ’n slegte tyd (uit die All Blacks se perspektief) vir hom om nou weer sy peil terug te kry,” het Thomson gesê.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.