Zuma wens Oosthuizen geluk
2010-07-19 13:16
Kaapstad – President Jacob Zuma het Maandag sy gelukwensing aan Louis Oosthuizen, die wenner van die Britse Ope, uitgespreek.
“Dit is van die wonderlikste Madiba-geskenke wat enigiemand aan ons land gegee het,” het Zuma in ‘n verklaring gesê.
“Dit is ‘n groot prestasie vir ‘n 27-jarige.”
Hy het bygevoeg dat Oosthuizen homself in die geskiedenisboeke ingeskryf het deur die vierde Suid-Afrikaner te word om die Ope te wen.
Ernie Els, Gary Player en Bobby Locke was die Suid-Afrikaners wat die trofee voor hom gewen het.
“Dit was wonderlik dat hy dit op die nou internasionale Nelson Mandela-dag gewen het.”
Oosthuizen het Sondag ‘n opspraakwekkende sewe-hou oorwinning in die kompetisie op St. Andrews behaal.
Die minister van sport, Makhenkesi Stofile, en die ANC het vroeër gesê dat Oosthuizen se oorwinning net weer Suid-Afrika se reputasie as ‘n oorwinnende land in sport bevestig het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA