Wozniacki kook in VSA

2011-09-07 08:59
Tweets Share Share line Print

New York. – Die wêreld se voorste vrouespeler, Caroline Wozniacki, het die juk van die verwagtinge wat haar status op haar skouers plaas, afgeskud ná ’n skitterende terugvegpoging in die vierde ronde van die Amerikaanse Ope-tennistoernooi.

Dié 21-jarige Deen, wat ondanks die afwesigheid van ’n Grand Slam-titel reeds 46 weke lank eerste op die wêreldranglys is, het Dinsdag ’n agterstand van 6-7 en 1-4 in die tweede stel, omskep in ’n sege oor Svetlana Kuznetsova van Rusland.

Wozniacki het 2004 se kampioen met 6-7 (6/8), 7-5, 6-1 verslaan. Sy het drie uur en twee minute nodig gehad om haar Russiese teenstander onder te kry.

Die Deen het ’n voorsprong van 5/2 in die valbylpot van die eerste stel laat glip en haar selfvertroue sodanig verloor dat sy kort voor lank 1-4 agter was in die tweede stel.

Maar daarna het Kuznetsova se spel aan skerwe gespat. Sy het 78 ongedwonge foute begaan en stelselmatig moeër geraak. Sy het ook toegelaat dat Wozniacki die tempo en trant van die stryd bepaal.

“Ek het teruggedink aan die wedstryd wat ons in 2009 hier teen mekaar gespeel het,” het Wozniacki volgens Sapa-AFP gesê.

“Toe was ek ook ’n stel en ’n bietjie agter, maar het steeds gewen.”

As die Deen vandag in die kwarteindronde met die Duitser Andrea Petkovic afreken, sal sy waarskynlik in die halfeindronde teen Serena Williams te staan kom. Williams het tot die laaste agt deurgedring deur die Serwiër Ana Ivanovic met 6-3, 6-4 te klop.

)Die voorste mansspeler, Novak Djokovic, het in skoon stelle tot die kwarteindronde deurgedring nadat hy ’n marathon-valbylpot in die eerste stel van sy wedstryd teen Alexandr Dolgopolov gewen het.

Djokovic en Dolgopolov het alles gegee in ’n valbylpot wat 30 punte ingesluit het en Djokovic met 16-14 gewen het.

Daarna het die Serwiër die volgende stelle met 6-4, 6-2 gewen.

Roger Federer was nie lank op die baan nie vir sy sege van 6-1, 6-2, 6-0 oor Juan Monaco van Argentinië.

Die flambojante Fransman Jo-Wilfried Tsonga en nog ’n Ser­wiër Janko Tipsarevic is ook deur.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: amerikaanse ope  |  tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.