Wozniacki steeds bo, Novak nuwe nr. 1
2011-07-04 15:29
Kaapstad – Die Serwiër Novak Djokovic is ná sy oorwinning Sondag op Wimbledon bo-aan die jongste wêreldranglys vir mans wat Maandagoggend vrygestel is.
Vir die eerste keer in meer as sewe jaar is dit nie Rafael Nadal of Roger Federer se naam wat in die nr. 1-posisie op die ranglys vertoon nie.
Nadal is tweede, Federer derde en Skotland se Andy Murray vierde.
Wimbledon se vroue-wenner, Petra Kvitova van die Tsjeggiese Republiek het een plek opgeskuif en beklee die sewende posisie.
Caroline Wozniacki van Denemarke is steeds die voorste vrouespeler ondanks 'n leë Grand Slam-trofeekas, gevolg deur die Belg, Kim Clijsters en Vera Zvonareva van Rusland.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– RSG