Woods se vrou vrees MIV-gevaar
2009-12-10 11:25
Londen - Elin Nordegren, Tiger Woods se vrou, is blykbaar hoogs ontsteld dat haar man haar lewe op die spel gesit het deur seks met ‘n klomp porn-sterre te hê sonder om kondome te gebruik.
Sy gedrag kan beteken dat sy MIV/vigs of 'n ander seksueel oordraagbare siekte by hom kon optel.
Volgens The Times van Indië het gesondheid stryders Woods skerp gekritiseer vir sy onverskillige gedrag nadat dit aan die lig gekom het dat hy nie kondome gebruik het nie.
Volgens sy minnaresse het die gholf-superster versuim om kondome te gebruik toe hy met hulle geslaap het.
Nordegren (29) was blykbaar briesend toe sy hoor van haar eggenoot se onverantwoordelike gewoontes terwyl sy nog 'n bed met hom gedeel het.
VSA se gesondheidsowerhede het ook Woods se gedrag verdoem.
“Dit is die ma van sy kinders,” het Rhonda Findling, psigiater wat deur die Daily Mail aangegehaal is.
“Sy gedrag toon dat hy hoegenaamd nie haar fisiese of sielkundige welstand op die hart gedra het nie.”
Ruth Houston, ‘n deskundige op die gebied van infideliteit, is van mening dat Tiger Woods nie verslaaf is aan seks nie.
Hy geniet dit bloot om met baie verskillende vrouens te slaap.
- Sport24