Woods se nag van hel ontbloot

2010-01-26 20:54
Tweets Share Share line Print

Windermere - Die sportster Tiger Woods is onlangs as ’n reeks seks-bedrieër ontmasker nadat hy en sy vrou, Elin Nordegren (30) ’n rusie gehad het gevolg deur ’n motorongeluk.

Die volledige gebeure rondom die aand toe sy lewe inmekaargeval het, is Dinsdag op The Sun se webwerf ontbloot.

Woods se vrou het haarself in sy buite egtelike verhouding ingewurm deur te maak of dit hy was wat ‘n sms aan sy minnares gestuur het, is Dinsdag berig.

Nadat ’n Amerikaanse tydskrif sy verhouding met Rachel Uchitel (34) op die lappe gebring het, het Tiger toegelaat dat Elin self met haar oor die foon praat in ‘n poging om aan haar te verduidelik dat hulle net vriende is.

Uchitel het die volgende aand glo ‘n sms-boodskap aan Woods gestuur, wat soos volg gelui het: ”Jy is die enigste een wat ek nog ooit lief gehad het”.

Nordegren het daarop afgekom terwyl Woods geslaap het nadat hy 'n slaappil geneem het.

"Nordegren het ‘n boodskap aan Uchitel teruggestuur wat gelees het: “Ek mis jou. Wanneer sien ons mekaar weer?”

"Uchitel het teruggestuur, verras dat Woods al wakker is. Nordegren het op daardie stadium vir Uchitel gebel en sy het geantwoord met die gedagte dat dit Woods is wat aan die ander kant van die lyn was."

"Nordegren het iets gesê soos, ‘ek het geweet dit is jy'. Uchitel het geskrik en glo 'O f....’ gesê en die foon neergesit,” het die webwerf berig.

Sy het op die manier die waarheid geleer.

Nordegren het Woods woedend wakker gemaak, op hom geskree en hom met 'n gholfstok uit die huis gejaag.

Die skoenlose ster het met sy motor gevlug, maar toe teen ’n boom vasgery.

Woods het onlangs aan ’n rehabilitasiesentrum vir seksverslaafdes aangesluit met die hoop om sy huwelik te red.

-Sport24


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: tiger woods  |  gholf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Dante sê... Dit lyk vir my of ons probeer verloor, maar ons kan dit net nie regkry nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320i EXCLUSIVE (E90)
2010
R 249,900.00

OPEL

Corsa 1.4 Utility MY04
2005
R 64,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4 Citi Rhythm 5-dr
2007
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.