Woods se lys van skelmpies groei

2009-12-21 08:57
Tweets Share Share line Print

Hollywood - Die popsangeres en aktrise ­Jessica Simpson is die nuutste vrou wat van ’n verhouding met die gholfspeler Tiger Woods verdink word.

Dit bring die lys van Woods se beweerde skelmpies op sowat 12 te staan.

Die Daily Star, ’n Britse poniekoerant, beweer Woods (33) is in Julie verlede jaar hand om die lyf afgeneem by ’n gholftoernooi in die VSA waar die 29-jarige Simpson die volkslied gesing het.

Agt dae later is haar verhouding van 18 maande met die Amerikaanse voetbalster Tony Romo beëindig.

Volgens ’n berig in die VSA het “Tiger gehou van wat hy gesien het” en Simpson dit deeglik laat verstaan.

Die sangeres het woedend op die sosiale netwerk Twitter gereageer: “Wat ’n GRAP! Die ‘skokkende onthullings’ is (wag daarvoor) ’n LEUEN!” het sy geskryf.

Intussen weier Woods glo om opgeneem te word in ’n rehabilitasiesentrum waar hy van sy “seksverslawing” genees kan word – aldus die Daily Star.

Daarom meen sy vrou, Elin Nordegren (29), glo daar is nie meer hoop om hul huwelik van vyf jaar te red nie.

“Elin het geweet die huwelik is op die rotse toe Tiger ge­weier het om hulp te kry vir sy probleem,” het ’n vriendin beweer.

Todd Phillips, die regisseur van die trefferkomedie The Hangover, wil Woods betrek by ’n opvolgfliek – glo om hom te help om sy openbare beeld te herstel.

Die omstrede bokser Mike Tyson het ’n soortgelyke gasterol in die eerste fliek gehad.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.