Woods gaan uiteindelik praat
2010-02-18 05:36
Marana, Arizona - Die ster gholfspeler Tiger Woods, wat die afgelope paar maande in omstredenheid gehul is oor sy buite-egtelike verhoudings, het besluit om die stilswye te verbreek.
Woods sal Vrydag vir die eerste keer met die media praat ná byna drie maande van stilte.
Hy sal Vrydagoggend omstreeks 11:00 met 'n klein groepie joernaliste in die klubhuis by die TPC-baan op Sawgrass in Ponte Vedra Beach, Florida vergader.
"Dit is alles oor die volgende stap," het Mark Steinberg, sy agent, gesê.
"Hy sien uit daarna."
Steinberg het gesê hy gaan met 'n "klein groepie vriende, kollegas en vennote " praat oor die verlede en wat hy volgende beplan.
Volgens Steinberg gaan Woods ook om verskoning vra vir sy gedrag.
Hy het gesê drie nuusagentskappe en 'n kamera gaan genooi word.
"Woods sal egter nie vrae beantwoord nie."
– Sapa-AP