Woods en Rose saam op St. Andrews-baan

2010-07-13 08:18
Tweets Share Share line Print

St. Andrews – Tiger Woods speel Donderdag en Vrydag die eerste twee rondes van die Britse Ope hier in Skotland saam met een van die “warmste” gholfspelers ter wêreld, die Eng­elsman Justin Rose.

Rose het twee van sy laaste drie toernooie in die Amerikaanse PGA-reeks gewen.

Dit is die eerste keer sedert die Ope in Muirfield in 2002 dat hulle saam speel. Agt jaar gelede was die omstandighede baie anders.

Rose het toe net sy eerste toernooi as beroepspeler gewen, terwyl Woods die derde toernooi van die Grand Slam in een kalenderjaar in sy visier gehad het.

Die voorste gholfspeler ter wêreld het nog nie vanjaar ’n toernooi gewen nie nadat hy ná ’n afwesigheid van vyf maande om die chaos in sy persoonlike lewe uit te stryk, teruggekeer het.

Rose het die Memorial-toernooi in Amerika gewen, daarna voorgeloop ná 54 putjies in sy volgende toernooi en twee weke gelede die AT&T-toernooi buite Philadelphia gewen.

Die Colombiaan Camilo Villegas is die ander speler in hul driebal. Die 29-jarige Rose is nie die enigste speler wat uitstekend op dreef is nie.

Die kampioen in die Amerikaanse Ope van 2010, Graeme McDowell, het ook onlangs twee toernooie gewen en hy bevind hom op die eerste twee dae in die geselskap van twee ander Amerikaanse Ope-kampioene, Geoff Ogilvy en Jim Furyk.

Die Meesterskampioen, Phil Mickelson, speel saam met die Europese Ryderbeker-kaptein, Colin Montgomerie, wat vyf jaar gelede die naaswenner was toe Woods die Britse Ope gewen het.

Suid-Afrika se Retief Goosen is ook in hul groep.

Ernie Els, Suid-Afrika se voorste speler, speel saam met die verdedigende kampioen, Stewart Cink, en die Engelsman Ian Poulter.

Nog ’n Engelsman, Lee West­wood, nr. 3 ter wêreld en die voorste Europese speler in die toernooi, stap saam met die Spanjaard Miguel Angel Jiménez en die Australiër Adam Scott.

Die Amerikaner Tom Watson (60) het Ryo Ishikawa (18) van Japan as speelmaat.  

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: tiger woods  |  gholf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.